Katolieke in Afrika eis transformasie

Deel op

Die Rooms Katolieke Kerk gaan nie transformasiedruk vryspring nie, veral omdat die kerk se lidmate in Afrika groei.

Leiers van die kerk meen uitdagings van gelowiges in Afrika word nie behoorlik aangespreek nie.

Die byeenkoms van kerkleiers en akademici by die St Augustine-kollege van Suid-Afrika in Johannesburg volg nadat Pous Franciskus twee weke met die 200 Katolieke biskoppe in die Vatikaanstad vergader het.

Dokter Jakub Urbaniak van die teologie-afdeling by die kollege sê Afrika het die vinnigste groeiende aantal lidmate van die kerk, maar min aandag word ongelukkig volgens hom aan Afrika se probleme gewy.

Urbaniak sê vir Afrika is kwessies soos hoe MIV/Vigs gesinne raak, enkelouers en families wat deur kinders versorg word, belangriker as dié wat wel bespreek is.

‘n Professor van die departement van kerkgeskiedenis by die Universiteit van Pretoria, Graham Ducan sê die kerk het nie met planne vorendag gekom om die kerk te transformeer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.