Transnet gee aalmoes vir pensioenarisse – met ‘n dosis anti-wit rassisme

Deel op

In ‘n poging om sy openbare beeld te herstel, gaan Transnet Kersfeesbonusse in die vorm van ex gratia-betalings aan sy pensioentrekkers uitbetaal. Dié betalings geskied egter aan “die begunstigdes van afgetrede swart werknemers”. Die enigste blankes wat daarvoor in aanmerking kom, is diegene “met lang diens en beperkte alternatiewe inkomste”.

Blykbaar gaan die pensioene aanstaande maand uitbetaal word en sal gelykstaande wees aan 8,33% van die pensioenaris se jaarlikse pensioen.

Transnet word tans gedagvaar as deel van ‘n klasaksie weens sy jare lange verwaarlosing van hoofsaaklik Afrikanerpensioenarisse wat hul lewe lank by dié instelling gewerk het. As deel van die “hestrukturering” van Transnet deur Maria Ramos, huidige hoof van ABSA, is ‘n groot deel van die maatskappy se pensioenfondsbeleggings gestroop om vir ander doeleindes aangewend te word.

Jaarlikse verhogings in Transnetpensioene is slegs 2%, wat veroorsaak het dat inflasie die koopkrag van die pensioene grootliks uitgewis het.

In ‘n verklaring sê Transnet dat “pensioentrekkers en begunstigdes van Transnet se Tweede Vastevoordeelfonds en die Transnet-subfonds van die Vervoerpensioenfonds R178 miljoen aan ad hoc-bonusse sal ontvang”.

Dit beteken egter gemiddeld slegs R2 825 per lid, want die twee fondse beskik oor 63 000 lede.

‘n Verdere bedrag van R75 miljoen sal aan “begunstigdes en pensioentrekkers wat kwalifiseer” betaal word, waar die rassekriterium heel moontlik sal geld.

November se betalings sal die tweede keer in 2014 wees dat pensioenarisse bykomende uitkerings ontvang. Daar is reeds in April R178 miljoen aan bonusse betaal.

In sy verklaring vermeld Brian Molefe, Transnet se uitvoerende hoof, dat die betalings “getuig van Transnet se vasbeslotenheid om die finansiële posisie van die fondse te verbeter”.

Metropolitan-aftree-administrateurs hanteer die ex gratia-betalings wat op 7 November sal geskied, met die ad hoc-bonusse wat op 21 November uitgekeer sal word. Hul kontaknommer is 011 587 8000.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.