Bloemfontein die vetste, Pretoria die luiste

Deel op

In Suid-Afrika was daar ‘n styging van 40% in die verkope van kitsetes, lekkers en kitsnoedels tussen 2005 en 2010.

Dit is een van die bevindinge van die 2014 Vitality indeks ObeCity wat Dinsdag vrygestel is.

“Die grootste deel van supermarkvloeroppervlakte word gewy aan verwerkte voedsel,” het die indeks aangetoon.

Volgens die indeks het kitskos ‘n groot rol gespeel in die toename in gewig in die land. “Suid-Afrika is een van McDonald’s uitbreidingsuksesverhale, en breek rekords met 30 winkels wat binne in 23 maande oopgemaak het,” het die indeks uitgewys. “Vandag bedryf die maatskappy meer as 200 restaurante regoor die land.”

In Rusland het daar pas net soveel McDonald’s restaurante toegemaak weens swak gehalte bestandele wat in die kos gevind is deur gesondheidsinspekteurs.

Volgens die indeks, besoek “een van die twee Suid-Afrikaanse volwassenes ‘n Kentucky Fried Chicken [KFC] ten minste een keer per maand”.

Dit is sowat 12 miljoen mense bo die ouderdom van 15. KFC beplan 850 koswinkels in die land teen 2015.

Te min oefening het ‘n impak op vetsug. Die indeks het bevind dat mense in Pretoria die minste oefen, met Johannesburg kort op hul hakke. Kaapstad is glo die mees aktiewe stad.

Bloemfontein is die stad waar jy die vetste middelklas mense met die “kleinste gesonde gewigstatus” kry. Hier eet inwoners die minste vrugte en groente en verkies koeldrank en sout kos.

In Pretoria voeg mense meer vet by hulle kos as in enige ander Suid-Afrikaanse stad.

In Kaapstad is daar goeie nuus: Kapenaars eet gesond, oefen gereeld en is glo sielkundig gesond.

Vitality is ‘n gesondheids-program mediese skema van Discovery en lede kan aansluit vir ‘n maandelikse fooi.

Volgens Discovery, is die gemiddelde ouderdom van ‘n lid 32 en Vitality-lede is meestal middelklas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.