Wit én bruin uit staatsdiens gedryf

Deel op

Daar is al hoe minder werk vir wit en bruin in die staatsdiens, en die twee minderheidsgroepe wat Afrikaans praat, is nou onderverteenwoordig volgens regstellende aksie (RA)-teikens om die demografie van die land te weerspieël, sê ‘n opposisie-woordvoerder.

In antwoord op geskrewe parlementêre vrae oor onder meer die aantal werknemers van elke bevolkingsgroep in die staatsdiens, blyk dit dat die teiken feitlik reeds vir swartes bereik is. Indiërs word die meeste bevoordeel en is met 0.75% oorverteenwoordig.

Wit en bruin is met bykans ʼn halwe ʼn persentasiepunt onderverteenwoordig. Waar wittes 9,2% van die land se bevolking uitmaak, is hul verteenwoordiging in die staatsdiens net oor 8,8%.

Uit die minister se antwoord blyk dit dat daar tans 1,328,687 werkers in die staatsdiens is. Hiervan is daar onsekerheid oor die ras of geslag van 1,637 persone.

Wat die res aanbetref is daar 1,055,274 (79,4%) swart, 43,120 (3,2%) Indiërs, 111,236 (8,3%) bruin en 117,420 (8,8%) wit.

Dit blyk duidelik uit die statistiek hoe daar toenemend teen wittes in die werkplek gediskrimineer word. Hy sê die hele proses is die laaste twintig jaar aggressief gedryf en Suid-Afrika het ʼn enorme prys daarvoor betaal deur met dienslewering in te boet.

“Die ANC-regering moet besef dat sy teikens nou bereik is en ophou jag maak op wittes en bruines. Indien daar voortgegaan sou word om regstellende aksie te dryf soos tot nou toe gedoen is, sal wittes binne enkele jare totaal uit die staatsdiens gedryf word,” het die VF+ gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.