Jansen en Goldberg dans die Boerehaat-riel met oorgawe

Deel op

Die geseur van die bruin rektor van die Universiteit van die Vrystaat oor “transformasie” oftewel gedwonge verengelsing van Afrikaanse instellings, het ‘n gehoor wat die Joodse redakteur van timeslive, Reuben Goldberg betref.

Goldberg het die ongewilde baas Jonathan Jansen se gedeeltelike mislukking om Engels af te dwing met sy gewone über-Boerehater-simpatie en growwe gemeenplase begroet.

Volgens Goldberg se blad het Jansen onlangs een oggend wakker geword met twee dosyn “te koop”-borde buite sy huis. Kennelik is die rektor nie so gewild in sy tuisdorp soos in sekere Jingo-voorstede van Johannesburg waar hy Afrikaners as agterlike, rassistiese bullebakke voorhou nie.

Jansen meen die borde is geplaas deur ‘n persoon of persone van sy universiteit wat ontsteld is oor sy anti-Afrikaanse transformasie-agenda.

Eerder as om te besin oor sy stommiteite om internasionaal erkende taalregte te ignoreer, het Jansen klaarblyklik homself eerder tot bruin vervolgingswaan voor sy Engelse gehoor gewend.

Diktator Jansen was ‘n lid van ‘n paneel van senior akademici in Kaapstad wat Dinsdagaand transformasie by universiteite bespreek het.

Jansen het sonder ironie na “tradisioneel” Engelssprekende universiteite verwys, ‘n onbewuste erkenning dat Afrikaanse instellings intussen ook verengels het.

Hy het gesê hoewel die ou Engelse universiteite soos Kaapstad, ‘n “kultuur van hoë intellektuele lewendige debat” het, ken “tradisioneel Afrikaanse universiteite soos Stellenbosch en Bloemfontein net doodsdreigemente en beledigings”.

Jansen het gesê hy kry glo gereeld doodsdreigemente. Indien dit waar is, is dit egter vreemd dat die polisie dit nog nie opgevolg het nie.

Die gehoor het egter merkbaar verstyf toe hy ‘n onbedekte aanval op die Universiteit van Stellenbosch geloods het. Jansen het gesê die US het ‘n ernstige gebrek aan sensitiwiteit vertoon deur die begrafnisdiens van hul eerste swart visekanselier Russel Botman, by die DF Malan-sentrum te hou.

“Ek het net gedink dit was hoogs onsensitief. DF Malan was die eerste apartheidspremier. Hy het chaos in die land gesaai. Om nie te besin daaroor as ‘n universiteit nie, is ‘n baie hartseer ding,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.