Poskantoorwerkers aangeval, petrolbomme gegooi

Deel op

Drie personeellede wat by die Poskantoor werksaam is, is Dinsdag in Krugersdorp aangeval.

“Die drie persone het by die possentrum gewerk toe hulle met klippe bestook is,” het kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hulle het geringe beserings opgedoen.”

Drie vragmotors van die Poskantoor en ander privaat motors is ook beskadig. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Ernst gesê.

Intussen het die Poskantoor bevestig dat die Belle Ombre- en Atteridgeville-poskantore gesluit is nadat petrolbomaanvalle twee geboue beskadig het.

Maandag het die Belle Ombre-poskantoor en Dinsdag het Atteridgeville deurgeloop. Die skade is glo gering.

“Die polisie volg alle leidrade en ondersoek tans kringtelevisiebeeldmateriaal om die verdagtes uit te ken,” het die Poskantoor in ʼn verklaring gesê.

“Nie een van die werknemers is beseer nie, maar traumaberading is vir die kassiere by die takke gereël,” lui die verklaring. Die aanvallers wat die petrolbomme gegooi het, het hulself glo geïdentifiseer as stakende werkers.

Geen posstukke is beskadig nie.

“ER24-paramedici en die Tshwane-brandweer het baie vinnig reageer op die voorvalle,” het die Poskantoor gesê.

Permanente Poskantoor-werknemers staak oor ʼn salarisverhoging van 15% en tydelike werknemers eis permanente aanstellings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.