Ryk sakeman van Johannesburg in hof oor gesteelde koperkabels

Deel op

‘n Johannesburgse sakeman, wat in ‘n huis van R10m in die spogwoonbuurt Atholl woon, het gister in die Roodepoortse Landdroshof verskyn op aanklag van gesteelde koperkabels. Hy word saam met vier medepligtiges aangekla.

Na bewering het die sakeman gesteelde koperkabels by sy skrootwerf aangekoop. Hy word daarvan verdink dat hy aan die hoof staan van ‘n hele sindikaat wat koperkabels steel.koperkabelsHy besit ‘n skrootwerf in Roodepoort aan die Wes-Rand waar hy saam met die vier ander aangeklaagdes in hegtenis geneem is. Hy het gepoog om die polisiebeamptes met ‘n bedrag van R30 000 om te koop, maar die beamptes het geweier om dit te aanvaar en hom aangekeer.

Volgens sekere bronne is die gesteelde koperkabels verwant aan die waterskaarste wat Johannesburg verlede maand getref het. Inwoners was omtrent drie weke sonder water ná ‘n kragonderbreking weens kabeldiefstal en vandalisme by ‘n groot pompstasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.