Wat gebeur werklik in Irak en Sirië?

Deel op

Die oorlog teen Sirië wat ook in Irak woed, word deur talle krisisse gekenmerk.

In Junie 2012, by die eerste konferensie in Geneve, het die pasverkose Francois Hollande sy eie interpretasie van die finale verklaring gemaak.

Met die hulp van Israel en Turkye, asook die ondersteuning van Hillary Clinton en die destydse CIA-direkteur David Petraeus, is daar ‘n chemiese aanval beplan wat dié groep aan Sirië wou toedig.

Clinton en Petraeus is egter uitgeknikker deur President Obama, en Turkye moes die leisels oorneem in die somer van 2013, tesame met Israel en Frankryk, om die chemiese aanslag “vanuit Damaskus” te reël, sonder die VSA se hulp.

In Januarie 2014 het die Verenigde State van Amerike ‘n geheime sitting van die Kongres gehou oor befondsing en bewapening van die Sunniegebiede van Irak en die Koerdiese gebied van Sirië om nasionale state omver te werp.

Frankryk en Turkye, nadat hulle Al-Kaida (al-Nosra Front) van wapens voorsien het, het egter gesorg dat die Verenigde State van Amerika noodgedwonge moes terugkeer na die oorspronklike plan van die koalisie wat Hillary en Petraeus beoog het.

Die Koalisie van die Vriende van Sirië het in Julie 2012 ten minste ‘n honderd lande en internasionale organisasies ingesluit, maar onlangs gekrimp tot 11. Die lys deelnemers bly ‘n geheim.

Slegs 22 lede is onlangs uitgenooi na die vergadering van die hoofde van die koalisie.

In werklikheid, was die koalisie se aanvanklike bestaan te danke daaraan dat menige deelnemers baie spesifieke doelwitte in die oog gehad het en nie kon ooreenkom oor hul gemeenskaplike doelwit nie. Daar is vier sulke strominge:

– Die Verenigde State poog om die olie van die streek te beheer. In 2000 het die Nasionale Energiereguleerder Policy Development Group (NEPDG) onder voorsitterskap van Dick Cheney deur satellietbeelde en boordata, globale olie-reserwes geïdentifiseer en groot reserwes van Siriese gas waargeneem. Washington het in 2001 besluit om agtereenvolgens agt lande (Afghanistan, Irak, Libië, Libanon en Sirië, Soedan, Somalië, Iran) aan te val en hul natuurlike hulpbronne te konfiskeer. Die “breër Midde-Ooste” is die uiteindelike doelwit, wat ook die aftakeling van Turkye en Saoedi-Arabië beteken. Die State Department het dus die loodsveldtog die “Arabiese Lente” waargeneem.

– Israel verdedig sy nasionale belange in die kort termyn. Strategies moet die land die ruimte tussen die twee riviere beheer, die Nyl en die Eufraat, en hy is van voornemens om alle ekonomiese aktiwiteit te beheer in die gebied, insluitend natuurlik olie. Vir beskerming is Israel se vyande gedeeltelik geneutraliseer: Die Egiptiese en Siriese leër deur die ontplooiing van Patriotmissiele van NAVO in Turkye, en die skep van ‘n Koerdistan in Irak asook Suid-Soedan).

– Frankryk en Turkye wil voortgaan om te droom van die herstel van hul ryke. Frankryk hoop om ‘n mandaat te kry oor Sirië, of ten minste ‘n gedeelte van die land. Die Vrye Siriese leër het ‘n groen vlag, met wit, swart en drie sterre gekry, presies soos die een van die Franse mandaat van 1920. Turkye, vir sy deel, is van voorneme om die Ottomaanse Ryk te herstel. Hulle het reeds ‘n Wali soos van ouds vanaf September 2012 aangestel om die “provinsie te administreer”. Turkse en Franse projekte is onderling versoenbaar omdat die Ottomaanse Ryk erken het dat sommige van sy provinsies met ander koloniale magte bestuur word.

– Ten slotte, Saoedi-Arabië en Qatar weet hulle kan nie sonder voetesoenery van die Verenigde State en die stryd teen sekulêre regimes oorleef nie, en hulle beursies is oop.

Hierdie vier kragte kon net gedurende die eerste deel van die oorlog, vanaf Februarie 2011 tot Junie 2012, saamwerk.

Dit was inderdaad ‘n vierde orde strategie: Spesiale magte organiseer voorvalle en hinderlae hier en daar, terwyl die Atlantiese media ‘n verhaal borduur oor “diktatorskap, en onderdrukking van die demokratiese revolusie”.

Maar in die vroeë 2012, het die Siriese bevolking begin twyfel dat president Bashar al-Assad kinders martel en gifgasaanvalle beplan teen sy eie mense.

Frankryk het gou-gou ‘n einde aan die krisis gemaak nadat Franse beamptes gevange geneem is. Die Verenigde State en Rusland het ‘n nuwe Sykes-Picot-verdrag met die Verenigde Koninkryk en Frankryk onderhandel.

Sedert dié ooreenkoms, werk niks in die koalisie meer nie en opeenvolgende mislukkings wys dat dit haas onmoontlik geword het om almal te plesier.

In Julie 2012 is die toespraak deur Francois Hollande in Engels geskryf, waarskynlik deur die Israeli’s, en in Frans vertaal. Hillary Clinton en ambassadeur Robert S. Ford was van daardie oomblik ongetwyfeld betrokke by die grootste geheime oorlog in die geskiedenis. Die koste van die oorlog was voorts enorm, ten volle deur Saoedi-Arabië en Qatar betaal.

Duisende buitelanders het aan die “Siriese demokratiese revolusie” deelgeneem. Na wat geraam word is dit 250,000 buitelandse jihadiste vanaf Julie 2012 tot Julie 2014.

Barack Obama en sy twee sekretarisse van Verdediging, Leon Panetta en Chuck Hagel word egter gedryf deur ‘n radikaal verskillende politiek: Panetta is van die Baker-Hamilton Kommissie en so ook Obama. Volgens hulle is die Verenigde State van Amerika nie ‘n koloniale mag in die Middellandse See nie. Dit wil sê, hulle moet nie territoriale beheer deur setlaars oorweeg nie. Die ervaring van die Bush-administrasie in Irak was baie duur in vergelyking met sy opbrengs en dit moes nie herhaal word nie.

In Januarie 2014 is ‘n geheime vergadering van die Kongres belê en het hulle besluit om jihadiste te gebruik om etniese suiwering toe te pas, iets wat uitdruklik deur die internasionale reg verbied word.

Barack Obama oorweeg nie ‘n herskikking van die “breër Midde-Ooste” as ‘n doel op sigself nie, maar slegs as ‘n middel om die natuurlike hulpbronne te beheer. Hulle gebruik ‘n klassieke ontwerp, uit Jimmy Carter se dae om dit te bereik.

In sy toespraak op 23 Januarie 1980, het President Carter die doktrine wat sy naam dra, uitgestippel: die Verenigde State van Amerika is van mening dat die olie in die Golf baie belangrik vir die ekonomie is en aan die VSA behoort. Dus, alles en almal wat “nadelig vir die belangrike belange van die Verenigde State van Amerika is, sal uitgeskakel word, ook met militêre mag indien nodig.”

Carter se gedagte was die beheer van die wêreld se olie-mark in dollar op dieselfde wyse waarop die Verenigde Koninkryk in die negentiende eeu die beheer van die wêreld steenkool oorgeneem het.

Tans word die Pentagon simbolies bygestaan ​​deur Saoedi-Arabië en Qatar met ‘n paar vliegtuie, maar nie Frankryk nie Turkye nie. Meer as 4000 sorties is reeds gevlieg om bomme op ISIS te reën, maar net meer as 300 vegters is dood.

Amptelik dus, beteken dit is meer as 13 sorties en ‘n onbekende aantal bomme en missiele om een jihadi dood te maak. Dit sal die duurste en die mees ondoeltreffende lugveldtog in die geskiedenis wees.

Maar as ons kyk na die manipulasie van oliepryse wat van $115 per vat tot $83 gedaal het, beteken dit ‘n afname van byna 25%. Nouri al-Maliki, die vorige wettig verkose premier van Irak, het die helfte van die olie verkoop aan China.

Al die oliefasiliteite wat gebruik word deur Chinese maatskappye is intussen vernietig. De facto, word Irakse en Siriese olie tans van Chinese kopers weggehou en geïntegreer in die internasionale mark wat beheer word deur die Verenigde State van Amerika.

Uiteindelik is hierdie lugveldtog ‘n waarskuwing aan President Xi Jinping wat probeer om hier en daar bilaterale oliekontrakte te sluit teen die VSA se wil.

Die Verenigde State van Amerika is dus bereid om hul strategiese beheer oor die internasionale oliemarkte te verdedig.

Maar Frankryk en Turkye sal nooit in staat wees om hul drome te verwesenlik nie. Frankryk moet dink oor die rol wat Africom op die swart kontinent speel in alle lande wat probeer om nader aan China te beweeg soos die Ivoorkus, Mali, Sentraal-Afrikaanse Republiek. Erdogan van Turkye sal een oggend wakkerskrik met ‘n staatsgreep in sy land as hy voortgaan met die herlewing van die Ottomaanse Ryk.

Saoedi-Arabië en Qatar sal nooit die miljarde wat hulle in oorlog belê, sien nie. Erger nog, dit is waarskynlik dat hulle sal moet betaal vir ‘n deel van die heropbou. Washington kan kies wanneer om hul private eiendom, Saoedi-Arabië te verdeel.

Israel is eintlik die enigste wenner in hierdie oorlog teen Sirië en binne die koalisie self. Siriese mag is verswak en hy het daarin geslaag om die buurland se chemiese arsenaal af te bou terwyl Israel self spog met beide ‘n gesofistikeerde kernarsenaal en ‘n chemiese asook biologiese arsenaal.

Rusland en China sal dringend moet ingryp teen jihadiste omdat hierdie hulpmiddel binnekort teen hulle deur die Verenigde State van Amerika gebruik sal word.

Die Georgiese minister van verdediging het erken dat hy gasheer speel met oefenkampe vir jihadiste. As Moskou en Beijing huiwer, sal hulle in die Kaukasus, in die Ferghana-vallei, en Xinjiang die jihadiste moet tegemoet gaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.