SA kantoorwerkers verkies lessenaars bo werk van huis

Deel op

Byna vier uit vyf kantoorwerkers in Suid-Afrika sou nie hul permanente werkruimte by die kantoor met kollegas wou deel nie, volgens ‘n opname wat deur die kantoorontwerpsfirma Paragon Interiors onderneem is.

Aan die ander kant is mense onder 40 meer ontvanklik vir die idee om nomadies te werk. Paragon se navorsing toon dat 80% van kantoorwerkers alleen werk, meesal by hul lessenaars.

Hierdie vrou werk wel van die huis af
Hierdie vrou werk wel van die huis af

Op die vraag of hulle graag van die huis af sou wou werk via die internet, indien hulle die keuse gebied word, het minder as ‘n kwart gesê dat hulle daarvan sou hou.

“Dié bevinding was heelwat laer as wat verwag is, en toon ‘n streng verdeling tussen werk en huislewe,” sê Paragon se bemarkingsbestuuder, Lucy le Roux.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.