Skikking in Zimbabwe

Deel op
Berigte uit Zimbabwe lui dat 'n skikking bereik is en daar word gepraat van 'n beloning van R14,5 miljard wat die land binne enkele dae vanuit die Weste gaan bereik.
Deel op

Daar sal 'n regering van nasionale eenheid wees met Robert Mugabe as staatspresident en Morgan Tsvangirai as uitvoerende eerste minister.

Die regering sal ook twee adjunkpresidente en twee adjunk-eersteministers bevat. Mugabe sal sy huidige twee adjunkte, Joyce Mujuru en Joseph Msika, behou terwyl Tsvangirai een van die twee adjunk-eersteministers sal aanstel met die ander wat van Arthur Mutambara se splintergroep van die Beweging vir Demokratiese Verandering afkomstig sal wees.

Mbeki het die aankondiging in Harare gemaak en al drie partye, ook dié van Arthur Mutambara se wegbreekfaksie, vir hul samewerking geprys.

Mbeki het die hoop uitgespreek dat die wêreld die ooreenkoms sal steun en dadelik sal begin help met stappe om die mense se nood in Zimbabwe te verlig. Suid-Afrika sal alles in sy vermoë doen om onmiddellike gevolg te gee aan planne om ekonomiese herstel in Zimbabwe te bewerkstellig.

дитячи велосипедиtopcargo кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.