Oscar vandag gevonnis

Deel op

Die vonnisoplegging van die paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, sal Dinsdag in Pretoria geskied.

Na ‘n verhoor van sewe maande in die Noord-Gautengse Hooggeregshof sal die gestremde atleet uiteindelik sy straf is vir die dood van Reeva Steenkamp kry.

Regter Thokozile Masipa sal Pistorius na verwagting om halfelf haar vonnis uitspreek nadat sy hom verlede maand skuldig bevind het aan strafbare manslag.

Die Departement van Korrektiewe Dienste het intussen berigte ontken dat hulle ‘n tronksel vir Pistorius reggemaak het.

In slotbetoë voor die naweek het die staatsaanklaer, Gerrie Nel, aangevoer dat die graad van nalatigheid waaraan Pistorius skuldig bevind is, so ernstig is dat gevangenisstraf alleen gepas sal wees.

Hy het gesê Pistorius behoort nie weens sy gestremdheid tronkstraf vry te spring nie.

Barry Roux het namens Pistorius gesê hy behoort gemeenskapsdiens te verrig vir die oortreding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.