Ek is bliksems liberaal en radikaal

Dis nou hoog tyd dat ek wat Skoppensboer is uit die kas kom en bely: Ek is ôk liberaal. Van my beste vriende werk by Naarpers of die universiteite waar ons al die Afrikanerbloedjies met marxisme, feminisme en liberalisme indoktrineer. Ek en Herr Adriaan Basson en doktor Piet Croucamp en Sir Max du Preez en professor Peer de Vos en mee. Sonja Loots, Christi van der Westhuizen, Amanda Gouws, ens., ens. kuier gereeld in Melville saam. As ek nou nie myself besimpeld suip in Kaapse kroeë saam met my diverse vrinne van diverse seksuele en ander voorkeure nie.

skoppensboer_251_150Gepraat van seksuele voorkeur. Ek is al so progressief dat ek nie meer ‘n seksuele voorkeur hét nie. As die bui my pak, verkeer ek sommer met hond of skaap of kind onder twaalf van enige geslag. Watwou, immoreel? Vandat ek my van Afrikanerskap, Christenskap, burgerskap en al die ander vervelige -skappe bevry het, buitel ek van plesier met kind of dier.

Alle ma’s behoort hul kinders aan die bediendes en die libertyne oor te laat. My goeie vriendin Sonja Loots het juis in Sondag se Rapport geskryf: Huisvroue gee my krampe en naarheid. As daar een ding erger is as om kinders in ons land te wil grootmaak, is dit die gedagte om voltyds tuis na hulle te wil omsien, vir hulle skooltoebroodjies te wil maak, na musieklesse of dramaklas toe te wil aanry en sodoende net nog ‘n jong regse te wil produseer. Los hulle liewer dat hulle dagga rook of hulle liggame ontdek, solank hulle kondome gebruik.

Ek is so liberaal, meeste van die tyd is ek letterlik kaal. En ek het nie eens ‘n nudistestrand daarvoor nodig nie. Daar is net twee dinge in die lewe: seks en geld. Vandat ek so liberaal geword het, loop my lewe oor albei.

God is dood en dis goed so. Die regses en veral die boere word een vir een uitgemoor en as ek nou sê dat ek ‘n traan daaroor stort, sou ek lieg. Nie dat dit sleg is om ‘n leuen te vertel nie – niks is meer sleg nie – maar die grootste skande vir ‘n liberaal en veral ‘n Afrikanerliberaal sou wees om hom van simpatie vir boere of wit regses te verdink.

Daardie dag toe die Bop-polisieman die drie ooms van die AWB buite hul ou Mercedes soos honde doodgeskiet het, was vir my ‘n loutere vreugde. Ek het my vrek gelag! Dis net wat hulle verdien het, hulle en hulle hele gesinnetjies wat iewers op die platteland woon waar mense nog Afrikaans praat en nog huwelike met mense van dieselfde ras en die teenoorgestelde geslag aangaan.

Hoe gouer elke wit man en vrou in dié land óf uitgemoor word óf uitbaster tot iets mooiers as wit, Afrikaans of Europees, hoe beter vir ons almal.

Ek hoor daagliks hoe al die regses oor plaasmoorde kla. Man, soos my vriend Max gesê het, besef julle nie hoe gelukkig julle is dat julle nog lewe nie? As ek president was, het ek julle almal voor die voet laat doodskiet en begrawe. Of dalk julle lyke vir die hiënas en die aasvoëls in die Krugerwildtuin gevoer. Ons progressiewe, liberale, transformasiegedrewe, diverse, anti-rassistiese vrydenkers is al lankal moeg vir elkeen wat terughunker na die verlede of vasklou aan uitgediende sedelike waardes. My enigste klagte teen die term “blanke volksmoord” is dat dit nog nie heeltemal bewaarheid is nie.

Soos Charles Nqakula in die parlement gesê het: As jy nie van misdaad en geweld hou nie, vat jou goed en trek, Ferreira. Of liewer, los jou goed hier vir ons en voetsek met die klere aan jou lyf en jou reaksionêre, konserwatiewe idee’tjies oor die waarde van ‘n menselewe, tradisie, taal, kultuur, identiteit en al die ander twak waaroor julle alewig sanik!

Die mens is ‘n soewereine individu wat kan maak wat hy wil. Solank jy nie ‘n rassistiese woord gebruik nie, is daar niks onder die son wat verbode is nie. Kom by, man! Daar’s ‘n kroeg op die hoek en ‘n dwelmhandelaar by elke skool, dus gaan ons onsself geniet, of jy nou daarvan hou of nie.

Ons is bevry. Daar is geen taboe meer nie. Waarom die howe en die tronke nie al lankal afgeskaf is nie, weet nugter. Niemand moor sonder rede nie en in dié land het die hele bevolking rede om moord te wil pleeg, want daar was mos apartheid, nie waar nie?

Oral waar ek kom, probeer ek my vriende van kleur teen die oorblywende blankes en regses opsteek. Ek vertel hulle hoe rassisties julle is en dat julle julself steeds eenkant en apart wil hou. As die helder lig van haat in hul oë ontbrand, voel ek ek het my liberale plig gedoen.

Dis waar wat hulle sê: die revolusie het nog nie ver genoeg gevorder nie. Eers as elke Afrikaner vermoor, verkrag of ten minste verarm is, sal ek voel dat julle genoegsaam vir julle rassisme, seksisme en homofobie geboet het.

Elke dag as ek die liberale Beeld oopslaan en ek lees van al die moord en doodslag, die korrupsie en kaperjolle, dan giggel ek onophoudelik. Want ek dink aan al die ontstoke regses wat so pas nog ‘n nag agter hul mure en elektriese heinings en lemmetjiesdraad oorleef het en wat waarskynlik half-onstoke, half-bevrees in hul koffie en beskuit stik as hulle gister se dodetol verneem.

Jan van Riebeeck was ‘n afstootlike kolonialis wat nooit hierheen moes gekom het nie. Die hele Suid-Afrika is ‘n fout, maar ons is vinnig besig om dit reg te stel. In elke koerantrubriek, in elke artikel en proefskrif bring ek en my liberale vriende en kollegas hulde aan ons grootse revolusie wat die land nog lank in sy greep gaan hê.

Mag elke boer sterf. Mag elke blanke maagd onteer word. Mag al julle bankrekeninge en beleggings en wonings en karre deur die staat onteien word. Mag diegene wat oorleef in een geslag almal sorgvrye kleurlinge word wat nie meer oor enigiets omgee nie.

Hoe gouer daardie kragdadige swartman, Malema, aan bewind kom, hoe beter vir ons almal.

Ek gee lankal nie meer om nie. Soos my liefling- liberale sangeres, Karen Zoid, sing:

Die katte miaau
En die honde blaf
En die kinders
Brand hulle skole af

Dit maak nie,maak nie regtig saak nie

Hy’s gatvol vir sy boerebarok
Nou dra hy lipstick
En hy dra ‘n rok

En dit maak nie, maak nie regtig saak nie

Almal saam: Amandla!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.