ANC se nasionale woordvoerder geskiet

Deel op

Die hoofsweep van die ANC se kantoor het Maandag sy skok uitgespreek nadat Jackson Mthembu tydens ‘n gewapende roof geskiet is.

Hy verkeer in ‘n ernstige maar stabiele toestand. Drie selfone is op die toneel gekry en ‘n bedrag kontant is gesteel.

Mthembu was die ANC se nasionale woordvoerder vir die verkiesing wat vandeesjaar gehou is.

“Ons is ontsteld en woedend deur hierdie sinnelose en wrede daad van misdadigheid en smeek die polisie om geen steen onaangeroer te laat nie om te verseker dat dié wrede boewe die volle mag van die wet in die gesig staar,” het Moloto Mothapo, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Ons doen weer ‘n beroep op alle gemeenskappe om saam met die polisie te werk om kriminele elemente uit ons samelewing te roei as deel van ‘n gesamentlike poging om ‘n misdaad-vrye samelewing te skep.”

In Mpumalanga het die polisie gesê Mthembu is in die gesig geskiet terwyl geld by ‘n OTM in Mandelastraat in Witbank getrek het.

Die ANC het egter gesê hy is van baie naby in die skouer geskiet en is in die Emalahleni privaathospitaal waar hy in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is.

“Gelukkig was hy in staat om self na die nabygeleë hospitaal te jaag, waar hy onder mediese toesig verkeer,” het Mothapo gesê.

‘n Saak van gewapende roof is geopen.

‘n Familielid het aan die Citizen-koerant gesê die skietery was ‘n politieke daad: “Ons weet nie presies wat gebeur het nie, maar Jackson is inderdaad geskiet, en ons is diep geskok en bekommerd.

“Dit is nie duidelik hoeveel keer hy geskiet is nie, maar hy is in die hospitaal soos ons praat. Ek dink die skietery was polities gemotiveerd.”

Keith Khoza, huidige ANC-woordvoerder het Maandagoggend gesê hy het ‘n gemiste oproep van een van Mthembu se familielede ontvang.

“Ek het ‘n gemiste oproep van een van sy broers vanoggend gekry. Miskien het dit iets te doen daarmee, maar ek sal uitvind,” het Khoza gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.