Onderhoud van Griekse joernalis oor ebola

Deel op

‘n Griekse joernalis het ‘n Amerikaanse regskenner gevra waar die ebolavirus vandaan kom en hoekom dit so vinnig versprei.

Aggeliki Dimopoulou het vir die Griekse nuuswebwerf tvxs.gr met internasionale regskenner professor Francis A. Boyle gesels oor die oorsprong en gevolge van die ebolavirus.

Die virus het vermoedelik al duisende mense bereik uit Wes-Afrika en groot afstande gereis met vlugte wat steeds nie gestaak is uit besmette lande nie.

Volgens Boyle word Amerikaanse bio-oorlogvoeringlaboratoriums in Wes-Afrika bedryf omrede streng wetgewing in die VSA sulke navorsing bemoeilik.

Hy sê die VSA kan met behulp van Wes-Afrika die Konvensie oor Biologiese Wapens makliker omseil.

Hy het Griekeland aangeraai om hul eie mediese spesialiste te gebruik om vas te stel of die virus kenmerke van manipulsie deur die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer of die Britse biologiese oorlogvoeringlaboratoriums in Porton Down bevat.

Boyle sê dis belangrik om Amerikaanse en Britse spesialiste te vermy of enige ander nasionaliteite wat saamwerk met dié twee lande, aangesien hulle nie betroubaar is nie.

Hy het die Grieke aangeraai om ‘n klag teen die VSA by die Veiligheidsraad van die VN te lê vir die skending van die Biologiese Wapens Konvensie, soortgelyk aan die een wat Nicaragua in 1985 gelê het nadat knokkelkoors skielik in die land uitgebreek het, indien die ondersoeke iets oplewer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.