Frelimo van stemknoeiery beskuldig

Deel op

Mosambiekers van opposisiepartye is ontevrede oor die uitslag nadat hulle Woensdag gestem in verkiesings vir ‘n nuwe president en wetgewende vergadering.

Die regerende Frelimo-party en ver­skeie ander opposisiepartye het deelgeneem.

Die voordeel wat Frelimo geniet, was sigbaar in die hoofstad waar ‘n reuse verkiesingsplakkaat van die Mosambiekse bevrydingsfront ‘n hele gebou in Avenida Edoardo Modlande in die hoofstad, Maputo, versir het.

Kiesers het Woensdag hul kruisies getrek, maar skadu’s van die burgeroorlog wat in die tagtigerjare gewoed het, was terug.

Die land het in 1975 onafhanklikheid van Portugal gekry.

Opposisiepartye is ontevrede met die verkiesingsuitslag en beskuldig die regerende party van kullery.

Frelimo staar kritiek in die gesig weens die groot welvaartgaping in die land, ondanks die land se reuse minerale bronne.

Selfs die vinnige ekonomiese groei het nie voordele vir die grootste deel van die bevolking in een van die wêreld se armste lande gebring nie.

Die opposisie beweer hulle het vaste bewyse dat Frelimo stembusse met vals stembriewe wou vul.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.