Dit was ‘n slegte naweek vir stropers. Veertien renosterstropers is in hegtenis geneem in die Kruger Nasionale Park het sedert die begin van die naweek, het SANParke gesê.
SANParke het drie hoogs suksesvolle operasies Vrydagoggend geloods wat gelei het tot die inhegtenisneming van 14 vermeende renosterstropers, het ‘n woordvoerder Raynold Thakhuli in ‘n verklaring gesê.
“Dit bring die totale aantal van stroperverdagtes vanjaar wat in hegtenis geneem is in die Kruger Nasionale Park (KNP) te staan op 113.”
In ‘n gesamentlike operasie met die lede van die SA Polisiediens het SANParke se veldwagters ‘n voertuig naby Skukuza onderskep en vyf verdagtes in hegtenis geneem.
Daar is op ‘n .375-jaggeweer, ammunisie en stropertoerusting, sowel as ‘n voertuig beslag gelê. Later gedurende die middag van dieselfde dag, is drie ander verdagtes in die Malelane-omgewing in hegtenis geneem.
Op Saterdag, in die Punda Maria-gebied van die KNP, kort ná sonop, in ‘n gesamentlike SANParke en SAPD-ontplooiing, en ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se lugvleuel, is kontak gemaak met drie vermeende wilddiewe.
Twee van die verdagtes is ernstig gewond en in hegtenis geneem terwyl die derde ongedeerd in hegtenis geneem is.
Een van die gewonde verdagtes is later in die hospitaal aan sy beserings dood. Die oorblywende gewonde verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal.
‘n Jaggeweer, ammunisie en stropertoerusting is gekonfiskeer op die toneel, het SAPA berig.