Drama by Belgiese Grand Prix

Deel op

Image

Teleurgestelde Hamilton na Belgiese Grand Prix

Sondag se Belgiese formule-eenwedren was net so vol opwinding soos Saterdag se rugby in Durban. Felipe Massa van Ferrari, wat op die dag tweede gekom het, is as wenner van die wedren aangewys nadat beamptes Hamilton met 25 sekondes gepenaliseer het.

Deel op

Hierdie ekstra tyd skuif Hamilton van wen na derde plek af. Massa en Heidfeld van BMW was onderskeidelik tweede en derde, maar skuif op na eerste en tweede met Hamilton dan derde. Hierdie 25 sekondes beteken dan ook dat Hamilton slegs met twee punte voor is op die bestuurdersleer. Daar is net 5 wedrenne oor, dus ons gaan ‘n baie interresante paar wedrenne hê.

Die rede vir die ekstra 25 sekondes was: Hamilton het  volgens die beamptes nie regmatig opgetree toe hy voor Kimi Raikkonen in gesny het nie. Kimi was afgesny en kon nie weer by Hamilton verbykom nie. Dit was 3 rondtes voor die einde. Al die druk het Kimi laat kop verloor en hy het op ‘n baie gladde baan in die muur ingery. Toyota se Timo Glock is ook 25 sekondes gegee omdat hy die Red Bull van Mark Webber onder die geel vlag verbygesteek het. Die vlag was uit nadat Kimi van die baan is. Mclaren het appèl aangeteken; ons sal moet wag en sien of dit gaan slaag.

crown free downloadФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.