Tugkomitee hoor getuienis oor EFF-chaos

Deel op

Die vyf lede wat wou ingryp om die chaos wat EFF-lede in die parlement veroorsaak het, is geroep om voor ‘n parlementêre Komitee oor Bevoegdhede en Voorregte te getuig.

Die komitee sal vandag tugstappe voortsit teen 20 EFF-parlementslede. Dit sluit Julius Malema in.

Ses getuies altesaam is geroep om Maandag voor die komitee te verskyn.

Dit sluit die minister van Telekommunikasie, Siyabonga Cwele, die minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo, die ANC se adjunk-hoofsweep, Doris Dlakude en die hoofsweep van die DA, John Steenhuisen.

Vyf van die ses wat geroep is om te getuig, het glo gepoog om die chaos wat deur die EFF in die parlement in Augustus veroorsaak is, te ontlont.

Die opposisiepartye in die komitee eis dat die betrokke getuies verduidelik waarom hulle ingegryp het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.