Swart skoolleerling slag Kovsielektor met mes

Deel op

’n Swart leerling in graad 10 – maar wat reeds 18 jaar oud is – van die Hoërskool Castle Bridge in Bloemfontein is oor die naweek in hegtenis geneem weens ‘n grusame moord met ‘n mes. Sy slagoffer op Lehlohonolo Mathengtheng, 27, ‘n lektor in die departement mediese mikrobiologie en virologie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Lehlohonole Mathentheng op een van sy Facebookfoto's
Lehlohonole Mathentheng op een van sy Facebookfoto’s

Ooggetuies op die toneel by Mathengtheng se woonstel in Willows, Bloemfontein, het gesê dat hy ‘n snywond aan sy nek gehad het en “soos ‘n dier geslag is”.

Die verdagte en die vermoorde het mekaar blykbaar geken. ‘n Bebloede mes, wat vermoedelik vir die moord gebruik is, twee selfone en ‘n gebruikte kondoom is in ‘n slaapkamer in Mathengtheng se woonstel in Madaleenhof, King Ewardsweg, Willows, gevind.  Die polisie ondersoek die saak reeds sedert 28 September, maar hy die jeugdige verdagte is eers Saterdag omstreeks 20:00 by sy ouma se huis in Botshabelo aangekeer. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Sinag Mpakane, sal hy vandag in die hof verskyn.

Hoewel die moordenaar met ‘n tabletrekenaar, ‘n skootrekenaar, ‘n Blackberry-selfoon en Mathengtheng se bankkaart weg is, het die polisie eers gereageer toe hulle oproepe van die publiek ontvang het wat die skootrekenaar in die verdagte se besit geëien het.

Die vermeende tienermoordenaar het agterna vir die polisie gaan wys waar hy van sy slagoffer se bankkaart ontslae geraak het en hulle ook na die handelaar geneem waar hy sy skootrekenaar gaan verkoop het.

’n Tablet-rekenaar en BlackBerry-selfoon van die vermoorde is in die verdagte se besit gekry en hy sou gister vir die polisie gaan uitwys het waar hy die bankkaart van Mathengtheng gaan weggooi het en ook waar hy die skootrekenaar van die vermoorde gaan verkoop het.

Hy het ook in Mathengtheng se motor rondgery totdat die petrol opgeraak het en dit toe by ‘n taxistaanplek gelos.

Die moord is vermoedelik reeds op Vrydag 26 September gepleeg.

Volgens Mpakane het mense die polisie vroeër gebel oor die skootrekenaar van Mathengtheng wat hulle in sy besit gesien het.

Die motor van die vermoorde is vroeër by die taxi-terminus gekry waar dit agtergelaat is.

Polisiebeamptes is erg geskok deur die moordtoneel, met bloedspore wat van een vertrek na ‘n ander lei. “Dit was verskriklik,” het een polisielid gesê. Die lyk is op sy rug in een van die slaapkamers gevind met ‘n bloeddeurtrekte T-hemp langs hom.

Die oorlede was diep gelowig en het die Donderdag voor sy moord nog op Facebook gesê:

Lord we thank you for the joy in our lives!! The peace that only You can provide, and the current and future breakthroughs You have in store for us!! In Jesus name, Amen!! Happy Thursday everyone…

Polisielede wat op die toneel was, het dit as verskriklik beskryf en was agterna baie emosioneel.

Mathengtheng, wat vroeër in die Universiteitskoor gesing het, het in sy laaste Facebook-inskrywing die Here gedank vir die vreugde in sy lewe.

Vriende het met skok op Facebook op sy dood gereageer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.