SAOG weer deel van Veiligheidsraad

Deel op

Met die verkiesing van Angola tot die Veiligheidsraad, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap SAOG, weer ‘n setel op die Raad bekom.

Die algemene vergadering van die VN het Donderdag vyf nuwe nie-permanente lede verkies wat twee jaar op die Veiligheidsraad sal dien.

Die ander vier lande wat verkies is, is Venezuela, Maleisië, Nieu-Seeland en Spanje. Die vyf lande se termyn sal op 1 Januarie afskop.

Die VSA het dadelik begin om Venezuela aan te val.

In ‘n felle stryd het Turkye verloor teen Spanje en Nieu-Seeland om twee beskikbare setels vir ‘n stemblok wat Wes-Europese en ander groepe, sowel as die Verenigde State van Amerika insluit.

In die afgelope paar dae, volgens verskeie diplomatieke bronne, was daar ‘n intense veldtog, gelei deur Griekeland, Egipte en Saoedi-Arabië, teen Turkye se lidmaatskap in die raad.

Spanje het 132 stemme gekry, terwyl Turkye net 60 stemme kon inoes. Nieu-Seeland is in ‘n vroeër rondte verkies.

Turkye speel glo volgens waarnemers ‘n onverkwiklike rol in die ondersteuning van ISIS in Sirië en Irak.

Intussen het president Jacob Zuma Turkse sakelui verseker dat toekomstige beleggings in Suid-Afrika in ‘n sakevriendelike omgewing ontvang sal word.

Zuma was die eregas by die tweede Sake-toekennings van die Suid-Afrikaanse-Turkse Sakevereniging in Sandton. ‘

Die Turkse afgevaardigdes het onderneem om te help met werkskepping en die ophef van gemeenskappe deur middel van die ontwikkeling van klein sake-ondernemings.

Verskeie maatskappye van die grootste sake-federasie in Turkye, Tuscon, doen sake in Suid-Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.