NUMSA betoog oor lokomotieftenders

Deel op

Die metaalwerkersvakbond, NUMSA, sê hulle lede word afgedank omdat buitelandse maatskappye tenders ontvang het om lokomotiewe te bou.

Dié tenders is aan Chinese en Noord-Amerikaanse maatskappye toegeken vir die bou van meer as ‘n duisend lokomotiewe. Dié buitelanders het SEB-vennote in Suid-Afrika.

Die Guptas en Duduzane Zuma is die belanghebbendes in die strategiese lokomotiefsubkontrakteringsmaatskappy wat hulle gekoop het terwyl die tenderproses aan die gang was.

Iqbal Sharma, is die voorsitter van die Transnetdireksie se tenderkomitee.

Volgens die metaalwerkersvakbond is nie minder nie as sewe Suid-Afrikaanse maatskappye met die nodige kwalifikasies oor die hoof gesien.

Vakbondlede het Donderdag betoog omdat Naledi Rail Engineering, Dorbyl, Wictra Holding, RRL Grindrod en Electro Motive Diesel nooit oorweeg is nie, terwyl die Chinese konsortium boonop geen ervaring in spoorweë het nie.

NUMSA eis dat die regering die toekenning van ‘n R50 miljard-tender van Transnet hersien.

Dit vorm deel van Transnet se rekapitalisasieprogram van R200 miljard.

Een van die maatskappye, Commuter Transport and Locomotive Engineering (CTLE), voorheen Union Carriage and Wagon, sal sowat 250 Numsa-lede moet afdank.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.