Stormwolke pak weer saam in Lesotho

Deel op

Die bemiddelaar van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, adjunkpresident Cyril Ramaphosa, moet ‘n nuwe politieke storm in Lesotho ontlont voordat die parlement weer byeenkom.

NUUT!

Ramaphosa woon vandag die heropening van die land se parlement by, het RSG berig.

Lesotho se adjunk eerste minister, Mothetjoa Metsing sê sy party, die LCD, aanvaar nie die eerste minister, Tom Thabane se besluit om die minister van kommunikaise, Selibe Mochoboroane af te dank nie.

Die saak is na Ramaphosa verwys. Politieke partye het ingestem om die Parlement te heropen sodat ‘n verkiesing in Februarie aanstaande jaar gehou kan word.

Daar is egter steeds vrese dat ‘n mosie van wantroue in Thabane ingedien kan word.

Veiligheidsmaatreëls by die parlement is verskerp.

Die opening word om half elf vanoggend deur koning Letsie die derde waargeneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.