Wit Amerikaners vrees dat swartes draers van ebola is

Deel op

‘n Vliegtuig van Nigerië wat Donderdag op JFK lughawe in New York geland het met ‘n manlike passasier aan boord, se medepassasiers is onthuts nadat die swarte tydens die vlug gesterf het na ernstige braking.

Die swarte het wel aan ernstige braking gely, maar CDC-amptenare sê dit was nie agv ebola nie.

Die 63-jarige se lyk is dadelik uit die vliegtuig verwyder deur die hawe-owerhede.

In die Washington-gebied, die tuiste van die VSA se tweede grootste Afrika-immigrantebevolking, kla swartes dat al hoe meer wittes wegstaan van hulle uit vrees dat hulle draers van ebola is.

Amptenare probeer drasties vrese besweer met die versekering dat die virus slegs deur kontak met liggaamsvloeistowwe van ‘n besmette persoon wat simptomaties is oorgedra kan word, maar dit blyk nie genoeg te wees nie.

Die Amerikaanse konserwatiewe politieke kommentator Patrick Buchanan sê egter indien die Amerikaanse regering nie dadelik optree teen swart besoekers uit ebola-besmette gebiede nie, “kan politieke korrektheid die einde van baie van ons beteken”.

‘n Tweede gesondheidswerker verbonde aan die Texas Health Presbyterian-hospitaal, wat sorg aan die swart Liberiese­ pasiënt Thomas Eric Duncan verleen het, het die week positief vir ebola getoets.

Die werker het van koors gekla en is onmiddellik­ geïsoleer­. Almal wat kontak met die werker gehad­ het, word nou vir moontlike besmetting waargeneem­.

Vooruitsigte vir ’n vinnige einde van besmetting het afgeneem. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) voorspel­ dat die drie verarmde lande in Wes-Afrika, te wete Liberië­, Sierra Leone en Guinee, tot soveel as 10 000 nuwe gevalle per week teen vroeg Desember kan oplewer.

Die eerste verpleegster wat met Ebola besmet is toe sy Duncan in Dallas verpleeg het, verkeer in “goeie toestand”, volgens ’n verklaring wat deur die hospitaal uitgereik is.

‘n Ambulans met Amber Joy Vinson, ’n Amerikaanse verpleegster wat positief vir Ebola getoets het, is by die Emory-universiteitshospitaal in Atlanta, Georgia, opgeneem. Sy is Woensdag van die Texas Health Presbyterian-hospitaal oorgeplaas.

Sy het simptome begin toon ’n dag nadat sy van Cleveland na Dallas gevlieg het.

Die sentrum vir siektebeheer (CDC) wil nou ál 132 passasiers toets wat aan boord die vliegtuig op vlug 1143 van Frontier Airlines van Cleveland na Dallas/Fort Worth was en Maandag­ om 20:16 geland het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.