Afrikasokkertoernooi skuif dalk na SA oor ebola-gevaar

Deel op

Suid-Afrika en Ghana is deur die organiseerders van die Afrikabeker-toernooi versoek om dié sokkerskouspel in 2015 aan te bied as Marokko weens die ebola-gevaar as gasheerland onttrek.

Die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se sekretaris-generaal, Hicham El Amrani, het’n aantal Afrika-federasies skriftelik genader.

‘n Uittreksel uit die brief lui: “Indien Marokko as gasheerland onttrek, wil CAF vasstel of u federasie bereid sal wees om die 2015 Afrikabeker-toernooi aan te bied. “Let asseblief daarop dat hierdie skrywe aan onderskeie federasies uitgestuur is.

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging sal môre ontmoet om “die haalbaarheid” te ondersoek het woordvoerder Dominic Chimhavi telefonies aan Bloomberg gesê.

Marokko het vir uitstel gevra nadat ebola meer as 4000 mense in Wes-Afrika se dood veroorsaak het, het Chimhavi gesê.

Suid-Afrika het die toernooi in 2013 aangebied en Ghana is ook gevra om op ‘n gereedheidsgrondslag te wees om die toernooi aan te bied, het Citi FM berig.

Guinee, Liberië en Sierra Leone word die hardste getref deur ebola wat in Desember uitgebreek het. Gevalle van die siekte kan aansienlik ondergerapporteer wees in Afrika, volgens die Amerikaanse Centre for Disease Control.

Verskeie swart spelers leef in Europa, en afrigters daar kla oor die verlies van spelers in die middel van die Europese seisoen.

Die Engelse Premierliga-span Newcastle het gesê hulle het ‘n strategie in plek om die gesondheid van sy Afrikaspelers en hul families te monitor.

“Hulle is noodsaaklik vir ons en ons dokter het gekyk na die probleme wat mag ontstaan, na ​​beskerming ook vir hulle gesinne, en om seker te maak ons doen ons heel beste om hulle te help,” het Newcastle se bestuurder Alan Pardew gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.