Tastic-produkte bevat skadelike kleurstof

Deel op

Tiger Brands se Tastic Simply Delicious-rys-in-sous-produkte bevat ‘n verbode chemiese kleurstof wat DNS-skade en kanker kan veroorsaak.

Die maatskappy het die produkte inderhaas van winkelrakke verwyder nadat dit positief getoets is vir die karsinogeniese chemiese kleurstof Sudan Red.

Meer as 100 voedselprodukte wat in 2005 positief getoets is daarvoor is uit die handel verwyder, maar Tastic het aangehou om dié produkte te verkoop ten spyte van die gevaar wat dit inhou.

Volgens Naresh Singh, besturende hoof van Tiger Brands se rys-en-pasta-afdeling, is 17 000 sakkies onttrek.

Die Simply Delicious-reeks word in Indië vervaardig. Die produkte is ook positief getoets vir Methyl Yellow, ook ‘n verbode kleurstof.

Tiger Brands sal glo aanhou om hulle produkte te versprei as dit “veilig” is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.