EU ondersteun NAVO, Obama

Deel op

Europese ondersteuning vir NAVO het toegeneem die afgelope jaar, selfs nog voor die Georgiese inval in Suid-Ossetië.

Deel op
Die jaarlikse Transatlantic Trends ondersoek wys dat 47% ook dink dat verhoudinge met die VSA sal verbeter indien Barack Obama in November wen.

Net 11 % Eurpeërs glo dit sal beter raak as John McCain die Amerikaanse verkiesing wen. Die lae dunk wat in Europa heers jeens Bush en die Republikeinse Party en wat sedert die 2003 Amerikaanse inval in Irak heers, is merendeels onveranderd.

Byna 57% van EU-burgers het saamgestem dat NAVO onontbeerlik vir lande se veiligheid is. In 2007 het 53% so gedink. Veral in Spanje met 11%, en Frankryk en Duitsland onderskeidelik met 7% elk, het NAVO-steun beduidend toegeneem.

Volgens Kurt Volker, die VSA se ambassadeur by NAVO, hou die publiek van humanitêre ingryping, anti-dwelmmaatreëls, maatskaplike en sosiale opheffing en die veldtog teen die Taliban.

Kenners betrokke by die opname wat deur die Duits-Amerikaanse Marshall Fund en Compagnia di San Paolo in Italië onderneem is, sê hulle glo die steun sal verder toeneem.

Dit is egter opvallend dat net 43% van Europese inwoners 'n oorlog teen die Taliban steun, terwyl 76% van Amerikaners so voel.

Wat Obama betref is hy gewilder in Nederland en Frankryk as tuis, met 85% steun in daardie lande.

Turkye het vir 'n opskudding gesorg in die ondersoek. Byna die helfte van Turke glo dat hulle land alleen in internasionale aangeleenthede moet optree en net 20% dink wil met die EU saamwerk. 'n Skrale 3% wou graag met die VSA saamwerk. Byna die helfte van Turkye sowel as die EU glo dat hulle verskillende waardes deel.

игри для дэвочэклобановский политик

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.