Heilige koeie

Deel op

Image’n Mens hoor dikwels van “heilige koeie” in figuurlike sin – in Suid-Afrika is dit meestal “heilige koeie” van die Afrikaners wat “geslag” of “gegaffel” word.

Deel op
Maar in die eintlike setel van die heilige koeie, Nieu-Delhi, hoofstad van Indië, is die afgelope jaar sowat 20 000 van dié diere van die strate verwyder.

Die hooggeregshof het opdrag gegee vir hul verwydering omdat die baie koeie ’n gevaar vir die verkeer en die volksgesondheid vorm.

Volgens diere-aktiviste leef die diere bowendien in erbarmlike toestande en vreet hulle baie afvalstowwe soos plastiek.

Die amptenare wat die diere wegneem, word dikwels aangeval deur melkboere wat nie plek het vir hul koeie nie en hulle daarom sommer in die strate laat loop.

Elke keer as daar ’n goeie klomp beeste is, reël die owerheid dat hulle opgeveil en verkoop word.

сканер диагностическийлобановский александр дети

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.