Geen einde in sig met verlammende poskantoorstaking nie

Deel op

Daar is geen einde in sig met die poskantoorstaking wat Suid-Afrika lamlê nie.

Die staking is nou reeds in sy vyfde week met alle poskantoor-werksaamhede wat heeltemal tot stilstand gekom het ná ‘n vakbond verdere dreigemente gemaak het.

Volgens die South African Postal Allied Workers Union (SAPAWU) het SA Poskantoor (Sapo) nog nie daadwerlike pogings aangewend om ‘n skikking te bereik nie.

SAPAWU sê onder meer dat salarisverhogings en vaste aanstelling van nie-permanente werkers maar twee van talle eise is wat aangespreek moet word alvorens die vakbond bereid sal wees tot ‘n skikking.

Alhoewel SAPAWU erken dat die poskantoor nie sy werkers betyds kan betaal nie, en dat die maatskappy weens’n nypende geldtekort asook die staking sy deur kan sluit, is die vakbond steeds nie bereid om vir ‘n verhoging van 8% te skik nie.

Die staking dreig om eersdaags ‘n krisispunt te bereik deurdat die onbesonne arbeidsoptrede die instansie net verder knou.

Dit lyk egter asof die regering nie erns het met die staking en die deurtastende gevolge wat dit sal inhou nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.