Vragmotorbestuurder wat verwoesting op N12 saai, vas

Deel op

Die bestuurder van die vragmotor wat die ongeluk op die N12 in Alberton veroorsaak het, sal volgens die polisie op vier aanklagte van strafbare manslag in die hof verskyn.

Die 44-jarige bestuurder van die beweerde onpadwaardige vragmotor was glo Dinsdagoggend vir die ongeluk verantwoordelik wat verwoesting op die hoofweg gesaai het.

Kapt. Doniah Mothutsane, polisiewoordvoerder, sê hy staar ‘n klag van strafbare manslag in die gesig.

Eienaars van veroerdienste word oor die algemeen beskuldig van ‘n gebrek aan instandhouding, te lang afstande wat gereis word, en nalatigheid deur vragmotorbestuurders.

Vier mense is dood en nog 17 beseer toe die vragmotor Dinsdag in bykans vyftig voertuie vasgery het.

Die bestuurder is Woensdag in hegtenis geneem en sal in Palm Ridge se landroshof verskyn.

Een van die remme van die vragmotor het glo nie ’n remskoen gehad nie.

Die polisieondersoek gaan nog voort.

Een van die 17 beseerdes is in ’n kritieke toestand in die hospitaal, het Santi Steinman, Netcare 911-woordvoerder, bevestig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.