SANCO uit Limpopo-dorpie verjaag

Deel op

Inwoners van die dorpie Bunzhe buite Tohoyandou in Limpopo het huise van SANCO-lede gevandaliseer.

Die huise is met klippe bestook en groot skade is aan die eiendomme aangerig.

Die ontstoke inwonwers het begin amok maak en vyf huise in die gebied geplunder. Vier van die huise behoort aan lede van die burgerlike organisasie SANCO (South African National Civic Organisation) en die ander aan ‘n hoofraadgewer.

Gemeenskaplede beskuldig die slagoffers daarvan dat hulle gemeenskapsprogramme ontwrig.

Die vrede tussen die ANC en SANCO dreig om tot ‘n einde te kom, ten spyte van vermanings deur die president dat die alliansie nie in gevaar gestel moet word deur kleinlike stryerye nie.

Vier huise van SANCO-lede is vroeër die maand in Durban afgebrand weens die politieke spanning tussen Sanco en die ANC in die gebiede.

SANCO beweer die ANC het R50 000 belowe aan elkeen wat die kantore sal vernietig.

“Sanco veg vir arm mense en sy (die raadslid) hou nie daarvan nie,” het ‘n SANCO-lid aan IOL gesê.

Een van die voorpraters vir SANCO is die AU-ambassadeur Malaika wa Azania wat onlangs in Marokko aangehou is weens visumprobleme.

Sy het die ANC daarvan beskuldig dat dit ‘n “bourgeois nasionalistiese organisasie is, wat die ergste elemente binne sy leierskapgeledere huisves, en “die omstrede gewillige koper, gewillige verkoper-beleid wat die grond-herverdelingsproses ondermyn en die belange van kapitaal beskerm” en SANCO aangeraai om uit te stap uit die alliansie.

Wa Azania se tirade herinner sterk aan iemand wat Karl Marx se tekste heel ingesluk het.

SANCO-lede sê hulle is vreesbevange na die voorval. Die voorsitter van die plaaslike tak van SANCO, Khathushelo Ramufhifhi, het die skade aan eiendom skerp veroordeel.

Daar word beweer dat spanning tussen SANCO en van die gemeenskapslede vir dié voorval verantwoordelik was.

Ramufhifhi het almal in die gemeenskap gevra om te help sodat die mense wat deur die geweld geraak word gehuisves kan word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.