Kommer oor ebola laai op

Deel op

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê Suid-Afrikaanse mediese deskundiges is na lande gestuur wat deur ebola geteister word.

Motsoaledi het die portefeuljekomitee belas met gesondheid oor die departement se jaarverslag ingelig.

Die Departement het ‘n ongekwalifiseerde ouditverslag vir die derde agtereenvolgende jaar ontvang.

Hy sê Suid-Afrika is hard besig om maatreëls in plek te kry teen die ebolavirus.

Kommer oor die ebolavirus in die VSA is aan die oplaai.

President Barack Obama het intussen inderhaas sy reisplanne gekanselleer om die krisis en die Amerikaanse regering se reaksie daarop te bespreek.

Die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer (CDC) is uitgesonder vir skerp kritiek, nadat ‘n tweede verpleegster in Dallas klaarblyklik die virus onderlede het.

Die direkteur, dr Thomas Frieden, het voorheen grappe oor zombies ivm virusse gemaak.

Amerikaanse gesondheidsamptenare sê nou hulle wil gesondheidstoetse doen op alle passasiers wat op dieselfde vlug was as ‘n gesondheidswerker van Texas wat positief vir ebola getoets het, maar kritici meen dis te min, te laat.

Die verpleegster het vroeër bevestig dat sy ‘n dag voordat sy simptome begin toon het, van Cleveland af gevlieg het.

Die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming wil die 132 passasiers ondersoek wat Maandag saam met haar op die vlug was. Sy is die tweede verpleegster wat die siekte in Amerika opgedoen het.

Albei vroue het die Liberiër versorg wat vroeër die maand in Dallas aan ebola oorlede is.

Die hospitale in Dallas en in Spanje wat met ebola-pasiënte gewerk het het nie dieselfde veiligheidsmaatreëls toegepas as dié in Duitsland nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.