Klipgooiers versper dele van Goue Hoofweg

Deel op

Motoriste word aangeraai om dele van die Goue Hoofweg te vermy nadat geweld weer uitgebreek het.

Sowat 200 oproeriges van die Slovo Park-lokasie naby Bushkoppies, suid van Johannesburg het begin klipgooi op die Goue Hoofweg by die Stockwell-aansluiting.

Die oproermakers versper die pad met klippe en ander voorwerpe.

Die rede vir die betoging is nog nie bekend nie.

‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar het motoriste aangeraai om die R554 en N12 as alternatiewe roetes te gebruik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.