Ebola: Botswana sluit grense terwyl Kubane instroom

Deel op

Die Afrika-Unie het sy kommer uitgespreek nadat Botswana nie reismaatreëls teen burgers van lande wat deur die ebolavirus getref is, wou ophef nie.

Die Unie sê die weiering om reisbeperkings op alle burgers van die betrokke lande te lig, het die ekonomiese las op die lande, Liberië, Guinee en Sierra Leone verhoog.

Botswana het die AU se versoeke om alle reisbeperkings op te hef, summier geïgnoreer.

‘n Woordvoerder van die AU Kommissie, Sissy Potgieter, sê in die betrokke drie lande waar sakelui se reise beperk word, sal die ekonomie ‘n knou kry.

Potgieter sê die lande wat nie wil gehoor gee nie, sal oortuig moet word om saam te werk.

Die ministerie van Gesondheid in Botswana sal voortgaan om alle ebolabesmette lande te monitor voordat besluite rakende reisbeperkings oorweeg sal word.

‘n Woordvoerder van die ministerie, Shinaaz Halabi, het bevestig dat die huidige reisbeperkings steeds geld.

Groot moondhede soos China en Brasilië, en voormalige koloniale magte soos Frankryk en die Verenigde Koninkryk, is byna heeltemal afwesig in die bekamping van die siekte.

Die grootste enkele mediese sending na Afrika teen ebola, in die voorste linie, is Kuba.

Terwyl daar hulpgeld beskikbaar is uit die VSA, is daar ‘n nypende tekort aan personeel wat dié klein eilandjie klaarblyklik sal voorsien.

In die sewentigerjare toe Afrika se nuwe onafhanklike lande geflankeer het met sosialisme, het onderwysers, dokters en soldate uit Kuba na 17 Afrika-lande gstroom, maar van Spaans het net salsa-musiek in Wes-Afrika oorgebly.

Intussen het die Johannesburgse Nooddienste verklaar dat sy personeel op hulle poste is.

‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Nooddienste, Robert Mulaudzi, sê al die stasies binne die stad Johannesburg is operasioneel en alle paramedici is ook op volle sterkte.

Die staking in Gauteng se nooddienstesektor raak dus nie Johannesburg nie.

Die staking raak glo slegs sekere dele van die Tshwane Metroraad waar baie pasiënte by klinieke nie mediese dienste kry nie.

Van die gebiede wat geraak word sluit in Soshanguve, Hammanskraal, Temba en die Pretoriase middestad in.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.