Waterbeperkings vir Noord-Durban

Deel op

Watervlakke in damme wat die eThekwini munisipaliteit bedien, is op kritieke lae vlakke.

Die munisipale woordvoerder, Thabo Mofekeng het ‘n beroep op inwoners gedoen om water te spaar.

Die watervlak in die Hazelmere-dam het drasties afgeneem, wat dié stappe noodsaak. Die dam is die hoofbron van water vir gemeenskappe in die omgewing.

Die munisipaliteit het waterbeperkings in sommige noordelike dele van Durban naby die King Shaka Internasionale Lughawe ingestel.

Die beperkings sal die volgende vier maande geld.

Die Hazelmere-dam is op ‘n kritieke lae vlak van 51 persent.

Gebiede wat geraak word sluit in Verulam, Redcliffe, Everest heights, Waterloo, Tongaat, Westbrooke, La Mercy, Hambanathi, Emona, Fairbreeze en Umdloti.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.