Geleentheidsvenster om ebola te stuit krimp

Deel op

Met die oog op bekamping van die wêreldwye dodelike ebola-virussiekte, het Nasionale Hawe-owerheid van Suid-Afrika verklaar dat hulle veiligheidsmaatreëls verskerp het.

Dié stap is geneem om personeellede by agt hawens te beskerm teen die virus wat deur inkomende vaartuie en hulle bemanning die land mag binnekom.

Die Hoof Hawemeester, Rufus Lekala, sê hulle werk saam met ander wetstoepassingsagentskappe.

Lekala sê hulle is nie bewus van enige vaartuie wat uit die besmette gebiede soos Liberië of Guinee gekom het nie, maar hulle hanteer hulle elke geval met omsigtigheid.

Die Veiligheidsraad het in September ‘n resolusie aanvaar wat verklaar dat ebola ‘n bedreiging vir internasionale vrede en veiligheid inhou.

Die geleentheidsvenster voor die uitbreking tot vlakke uitbrei waar dit nie meer beheer kan word nie, is stadig maar seker besig om te sluit.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê bykans 4500 mens het reeds weens die ebolavirus omgekom.

Volgens die WGO sal die aantal mense wat na verwagting met die siekte besmet is, die week tot meer as negeduisend styg.

Die organisasie se assistent direkteur-generaal, Bruce Ailwood, sê hy is bekommerd dat die siekte na nuwe gebiede naby die grense van Liberië en Guinee met die Ivoorkus kan versprei.

Die prys van sjokelade kan negatief geraak word omdat een van die hoofprodusente, die Ivoorkus, op werkers uit besmette lande staatmaak om die bone te pluk.

Skole is intussen gesluit, verkiesings uitgestel, mynboumaatskappye het onttrek, en bestaansboere het hul lappies grond versaak.

Die virus teister Wes-Afrika met ‘n hernude risiko van politieke onstabiliteit in ‘n streek skaars herstel het van burgeroorlog.

Die WGO berig dat 10.000 nuwe gevalle per week teen Desember waarskynlik is, 10 keer die huidige koers.

Die Nasionale verpleegstersunie in die VSA het Dinsdag tydens ‘n perskonferensie verklaar dat verpleegpersoneel wat ebola-pasiënte behandel die deur hospitale beskerm word nie.

Roseann DeMoro, direkteur van die unie sê in hospitale se reaksie op die ebola-krisis word aanbevole veiligheidsprotokolle nie gevolg nie.

Die Dallas hospitaal waar Thomas Eric Duncan, die eerste persoon gediagnoseer met Ebola in die Verenigde State van Amerika, verlede week dood is, het geen van dié protokolle nagekom nie.

DeMoro het gesê as verpleegsters nie beskerm word nie, is hulle nie bereid om ebola of enige ander pandemie te hanteer nie.

“Die protokolle wat in die plek in Dallas moes gewees het, was nie in plek nie en is nie in plek op enige plek in die Verenigde State van Amerika nie,” het sy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.