Praat kos niks; is jy bereid om die daad by jou goedkoop woorde te voeg?

Image09:12:23 "Gedurende apartheid het ons ons eie landsburgers opvoeding en menseregte ontneem en baie van hulle uit baie beroepe gehou en hulle is stelselmatig afgetakel. Ons skuld die land baie, maar ons waai omdat dit ons nie pas nie. Waar is ons gewete, waar is ons menseliefde, waar is ons geloof?"
Bostaande woorde is dié van die bekende mode-ontwerper Marianne Fassler in Sarie van Oktober 2008.

Geagte Marianne,

Ek wonder of jy al nagedink het oor wat dít jy so gladdebek tussen die glansblaaie kwytraak? Dit is maklik om te praat as jy nie die daad hoef te doen nie, maar is jy een van die mense wat die daad by die woord voeg?

Uit wat voorheen oor jou in tydskrifte publiseer is, is dit duidelik dat jy 'n baie bevoorregte jeug en kleintyd gehad het.

Daar is vele van ons wat nie die voorreg gesmaak het van onderrig by 'n Hongaarse kleremaakster nie. En nog baie meer van ons wat nie weet wat dit beteken om oorsee te gaan nie, anders as jy, wat verkies om na Mosambiek en die Seychelle te gaan omdat die water heerlik warm is daar. En ons kanse om dié voorregte te geniet, is seker nou nog minder nadat jy en jou soort die land op 'n skinkbord aan onopgevoede barbare oorhandig het.

Al wat ons vra, is 'n regverdige kans in die lewe, maar ons word dit nie gegun nie omdat ons blank is, en nie onbeholpe swartes nie.

Jou woorde getuig van iemand wat in absolute onkunde leef, iemand met rooskleurige brillense wat die lelik uit ons alledaagse lewe filtreer. En duidelik lewe jy die lewe van een van die bevoorregtes in ons die land, nie saam met ons wat moet spartel net om te bestaan nie.

Ek wil graag so paar goedjies vir jou uitlig:

Wat die ontneming van menseregte betref, glo ek dat baie van die swartmense in die apartheidsjare 'n heelwat beter en baie veiliger lewe gelei het as nou, al is hulle volksgenote aan die stuur van sake. Ek sê nie dat alles reg was nie, maar ek stel dit wel dat die meeste swartmense nou baie minder het om oor te lag as jare terug.

Jy moet dalk meer spesifiek wees oor watter menseregte hulle ontneem is, want een reg wat hulle wel gehad het, was die reg op veiligheid, en 'n doeltreffende polisiemag wat hulle beskerm het. Dit is meer as wat hulle nou kan sê. En ek kan byvoeg dat dit dié keer swartes is wat swartes van regte ontneem. Soos ook ’n doeltreffende regstelsel en howe. Hul foute ten spyt, het die gereg en die howe destyds die werk gedoen gekry.

As die apartheidsregering die swartmense wou ontneem het van onderrig, sou daar geen swart skole gewees het nie. Eintlik het die regering destyds uit sy pad gegaan om hulle van onderrig te voorsien. Blanke onderwysers is tydens die onluste met gepantserde voertuie na die skole in die townships aangery. Swart onderwysers het geskitter in hul afwesigheid, maar die blanke onderwysers het uit pligsbesef steeds elke dag skoolgehou. Moet dus nie praat oor onderwys wat die swartmense ontneem is nie.

En wie dink jy was die onnoseles wat elke keer as swartmense 'n skool – waarvoor hulle nie betaal het nie –  afgebrand het, die ding weer gaan bou het? Verseker nie die swartes nie. Dit was ons blankes wat so onnosel was om hulle te bederf met iets wat hulle nie verdien het nie.

Misdaad is buite beheer, gesondheidsorg is in sy peetjie en elektrisiteitsvoorsiening en onderwys al op die afdraande pad. (Natuurlik sal dit jou nie pla nie, want jou kleinkinders sal niks anders as die beste privaatskole besoek nie.) En jy dink dat die swartmense goed gedoen het sover? Dalk behoort jy ook aan ander dinge te dink.

Die staatsdiens wat destyds die land se paaie en ander infrastruktuur redelik goed in stand gehou het, is ten gronde. Dink jy dis die blankes se skuld? Jy mag reg wees, maar dis julle bloeiende liberale harte wat dit veroorsaak het, nie ons rassiste nie.

Want ons het probeer balans handhaaf, waar julle alles oorboord gegooi en die swartman net ingestop het, sy onvermoë om die taak te doen ten spyt. Julle liberale elemente het presies geweet waar dinge gaan eindig, maar hou julle nou blind vir wat nou aan die gang is. En nou is julle blaamvry en pak julle die skuld op ons, wat wel 'n werkende stelsel probeer behou het.  

Wat het ons nou? Totale wanorde en anargie, wat nog net nie op ’n volskaalse gewapende stryd uitgeloop het nie. En dan het julle die skaamteloosheid om ons Afrikaners te beskuldig?

Het jy al besluit wanneer "ons" genoeg betaal het en het jy al besluit watter deel van die "skuld" joune is om te betaal?

Wel, hier is so paar voorstelle om jou skuld te betaal.

1) Jy kan saam met jou familie (of sonder hulle) 'n Marianne Fassler Akademie, soortgelyk aan dié van Oprah Winfrey, stig. Dan kan jy gratis onderrig gee aan swart kinders, wat wel die potensiaal het om volgens jou beskeie mening êrens te kom in die lewe.

2) Jy kan jou pa ompraat om altyd gratis mediese sorg aan die swartmense te lewer.

3) Jy kan 'n mode-akademie stig wat swart mans en vroue gratis as mode-ontwerpers oplei, let wel, gratis. (Ek dink dit is iets wat jy dalk sou wou vermy, want hulle sal jou vinnig verbysteek met geldmaak omdat hulle velkleur tot hul voordeel sal wees.)

4) Jy kan dalk jou ma ompraat om gratis kunsklasse aan die arme agtergeblewe swartes te gee, om te help regstel vir wat jy aan hulle (die swartes) gedoen het.

Die feit dat jy as Marianne Fassler werk aan mense verskaf, maak verseker nie van jou 'n redder van die volk nie, en dit gee jou nie die reg om my as Afrikaner te beskuldig nie. Daar is blankes wat ondernemings het wat baie swartmense in diens het. Hulle lewer hulle bydrae om die sogenaamde "sosiale" skuld te betaal.

Wanneer sal jy tevrede wees dat ons en jou skuld betaal sal wees? Vertel tog asseblief sodat dat ons blanke Afrikaners kan leer wat om te doen.

Die feit dat jy sê mense vlug omdat hulle nie wil "betaal" nie, is sprekend van die arrogansie wat die geldstatus aan jou verleen. Daardie mense wat wel die land verlaat, het dalk baie meer betaal as wat jy ooit kan besef: met die verlies van lewens, besittings, verkragtings, aanrandings …

Hulle het besluit om te gaan omdat die prys te hoog is, en ek neem hulle nie 'n oomblik kwalik nie. Want dit kos moed om jou land agter te laat – dalk sal jy nog vorentoe uitvind presies hoeveel.

Jy matig jou regte aan waarop jy nie geregtig is nie, soos om mense te beskuldig van dinge waarvan jy niks weet nie. Dit is oningeligte, naïewe martelaars soos jy wat die land grootliks in die gemors gedompel het waarin ons nou is, en wat, as dinge te erg word, op die eerste die beste vliegtuig sal klim na groener weivelde en ’n veiliger lewe.  

железная дорога игрушки

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.