Nuwe SEB-teikens teen wit ondernemings gemik

Deel op

Klein wit sake-ondernemings sal benadeel word deur die nuwe reëls vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB), want volgens ontleders, sal dit moeilik wees vir die meeste van hulle om te voldoen daaraan.

Die departement van handel en nywerheid het Vrydagmiddag die tweede stel gewysigde bemagtigingskodes vanjaar ingevolge die Wysigingswet op Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging vir kommentaar uitgereik.

Die nuwe reëls, wat eers na ‘n jaar in werking sal tree, het die bemagtigingstelkaart wat die bemagtigingsgradering van ‘n maatskappy bepaal, verder teen wit entrepreneurs gelaai.

Maatskappye wat sake doen met die regering, of wie se kliënte sake doen met die regering, streef daarna om ten minste ‘n vlak 4 op die agt-vlak-telkaart te wees.

Terwyl mikro-ondernemings – maatskappye met ‘n omset van R10 miljoen of minder – vrygestel sal word en onmiddellik sal kwalifiseer vir vlak 4, sal klein ondernemings met ‘n omset van tussen R10 miljoen en R50 miljoen erg benadeel word tensy hulle 100% in swart besit is.

Klein ondernemings sal onmiddellik kwalifiseer vir vlak 1 status as hulle 100% in swart besit is en vlak 2 indien 51% in swart besit.

Dit gaan dus onmoontlik wees vir klein wit besighede om hul huidige gradering te handhaaf. Sulke ondernemings sal ‘n dramatiese afname in hul telling ervaar. ‘n Maatskappy wat op vlak 3 was, kan nou daal tot vlak 8 of selfs heeltemal uitval.

Die nuwe teikens wat Swart Ekonomiese Bemagtiging vereis, sal die ekonomie knou aangesien minstens 25% van ‘n wit onderneming aan swart aandeel­houers verkoop moet word.

Om swart “sakevennote” te kry is pure wensdenkery van die departement omdat daar nie genoeg vermoënde en opgeleide swartes bestaan om uitvoering te gee aan sulke onrealistiese teikens nie.

Tensy die sakewêreld wakker skrik en begin optree teen hierdie ongebreidelde hebsug en swak leiding, is die skrif aan die muur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.