Motoronderdelebedryf ondersoek

Deel op

Meer as 80 motorkomponentvervaardigers word ondersoek vir ‘n beweerde samespanning om pryse vas te stel en die mark die afgelope 14 jaar te manipuleer.

Die Mededingingskommissie het Maandag gesê die ondersoek is geloods toe een van die maatskappye in die kartel hulle genader het om vervolging vry te spring in ruil vir inligting.

Die kommissie het gesê sy ondersoek is soortgelyk aan ondersoeke in die VSA, Europa en Asië. Die vervaardigers wat ondersoek is, verskaf onderdele aan maatskappye soos Toyota, Nissan, Isuzu, General Motors, Mazda en Ford.

Kommissaris Tembinkosi Bonakele het gesê die ondersoek sal fokus op komponente wat in voertuie in SA se mark gebruik word.

“Ons het nog nie bepaal wat die omvang van die skade is nie, maar kartels oor die algemeen benadeel verbruikers en doen sluit sekere spelers uit,” het die kommissie gesê.

Dit moet nog ondersoek word of die kartel die ontwikkeling van Suid-Afrika se binnelandse onderdelebedryf gekniehalter het.

Kompetisiewaghonde in die VSA, Europa en Asië het ‘n paar kartels in die afgelope vyf jaar uitgerook. Hoë pryse en samespanning is deel van die optrede wat ondersoek is deur internasionale owerhede.

Die kommissie het nie die naam van die maatskappy met die inligting in verband met prysvasstelling, samespanning tenderprosedure en markmanipulasie onthul nie.

Die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika se direkteur Nico Vermeulen, het Maandag gesê die bedryf is verras deur die omvang van die huidige ondersoek. Meer as 120 motorkomponente word geraak daardeur.

“Die ondersoek moet sy gang gaan. Ons wil nie die uitslag vooruitloop nie,” het hy gesê.

Suid-Afrika het sowat 300 verskaffers van motoronderdele.

Komponente wat geraak word deur die samespanning sluit omsetters, elektriese kragstuurstelsels, drukreguleerders en vonkproppe in.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.