Beleërde SAUK-voorsitter klou aan haar pos

Deel op

Die voorsitter van die SAUK-raad, Zandile Tshabalala sal na verwagting vandag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie verskyn oor die wanvoorstelling van haar kwalifikasies.

Tshabalala het intussen gekla dat die portefeuljekomitee haar onregverdig behandel omdat die SAUK besprekings oor die kwessie uitsaai.

Sy ’n brief aan die portefeuljekomitee se voorsitter, Joyce Moloi-Moropa, gekla oor haar behandeling.

Die komitee het verlede maand eenparig besluit om Tshabalala te skors, hangende ‘n ondersoek. Sy eis egter dat die komitee haar ’n verhoor gee waarin sy redes kan voorlê waarom sy nie geskors moet word nie. Dit is van die hand gewys.

Moloi-Moropa het Tshabalala daarop gewys dat sy al op 30 Julie ingelig is oor die klag teen haar, tot 12 Augustus gehad het om daarop te antwoord asook uitstel gegun is.

Daar is twee klagte teen Tshabalala. Ten eerste omdat sy oor haar kwalifikasies gelieg het, en ten tweede omdat sy ’n vals beëdigde verklaring afgelê het.

Luidens dié verklaring het sy gesê haar kwalifikasies was in ‘n sak wat weggeraak het.

‘n Regsverteenwoordiger van die Universiteit van Suid-Afrika sal ook voor die portefeuljekomitee verskyn.

Die woordvoerder in die presidensie, Mac Maharaj het bevestig dat geen formele versoek tot dusver deur die parlement gerig is om Tshabalala af te dank nie.

‘n SAUK-voorsitter kan slegs deur die President, op aanbeveling van die Parlement aangestel of afgedank word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.