Jaarlikse voertuigdiefstal beloop R8,5mjd in SA

Deel op

Sowat R8,5 miljard se voertuie is verlede jaar in Suid-Afrika gesteel.

Van die 66 360 motors wat verlede jaar gesteel is, was 15% die gevolg van motorkapings, het die Suid-Afrikaanse buro vir versekeringsmisdaad (Sabic) Maandag gesê.

Sowat R5 miljard se motors wat gesteel is, is land-uit geneem, het Hugo van Zyl, uitvoerende hoof van die buro, in ’n verklaring gesê.

“Voertuigmisdaad is ’n markgeoriënteerde misdaad wat die burgers van Suid-Afrika op verskeie maniere raak,” het Van Zyl gesê.

Die “publiek is nie net slagoffers van motorkapings en –diefstal nie, maar word ook die slagoffer wanneer hulle onwetend gekloonde gesteelde voertuie van sindikate koop”.

Motorkapings het met 11% tot 11 129 in 2013 toegeneem, het die polisie in September bekendgemaak. – Bloomberg

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.