Nigerië talm met uitkenning van rampslagoffers

Deel op

Die Suid-Afrikaanse regering het berigte ontken dat gespanne betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nigerië ‘n probleem geskep het om die oorskot van slagoffers van ‘n kerkramp terug te bring.

Die troebel verhoudinge tussen die twee lande is glo die oorsaak van vertragings om die liggame van Suid-Afrikaners wat in Lagos dood is, na die land terug te bring.

Sedert die ramp, sukkel Nigeriese owerhede steeds om ontbindende lyke te identifiseer deur middel van DNA-toetse, maar dit blyk ‘n moeilike taak vir die swak toegeruste Wes-Afrikane te wees.

Amptenare kla dat dit ‘n onbegonne taak is om vingerafdrukke te kry van ontbindende lyke.

Volgense bewerings word die meeste lyke in lykshuise koel gehou alleen deur waaiers, met geen verkoeling nie.

Volgens amptelike bronne is 80 Suid-Afrikaners en nog vier mense wat in Suid-Afrika gewoon het, dood toe ‘n gastehuis by ‘n kerk van die prediker, TB Joshua op 12 September ineengestort het.

Die ramp, wat aan swak bouwerk toegeskryf is, het die lewens van 115 mense geëis.

‘n Regeringswoordvoerder, Phumla Williams sê hulle volg die nodige riglyne om te verseker dat die liggame van die oorledenes sou gou moontlik terug in die land is.

Volgens Williams gee die Nigeriese owerhede hul volle samewerking.

Williams het egter toegegee dat sy verstaan dat die naasbestaandes graag die gebeurtenis wil afsluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.