Oproermakers sluit Goue Hoofweg

Deel op

Die verkeersvloei op die Goue-hoofweg verby Lenasia is Maandagoggend weens oproer erg ontwrig.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), het padgebruikers gemaan om alternatiewe roetes te gebruik omdat die situasie gevaarlik is.

“In dié stadium kan ons nie sê wat die oorsaak van die protesaksie is nie. Motoriste moet die hoofweg vermy omdat daar groot klippe in die pad lê. Oproeriges gooi verbygaande motoriste met klippe.

“Metropolisiebeamptes is op die toneel om die situasie onder beheer te probeer bring,” het Minnaar omstreeks 06:30 gesê.

In Malibongweweg, naby Boundaryweg in Kya Sands, is die verkeersvloei ook ontwrig. Plakkershutte het verlede week afgebrand in die gebied, maar volgens die owerhede is die ontwrigting te wyte aan ‘n ongeluk.

’n Ongeluk in Noordgesig naby Mookistraat op die Soweto-hoofweg het vroegoggend ook vertragings veroorsaak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.