Om diefstal te legitimeer

Sedert 1994 is Afrikaners nuwe lesse geleer – veral in die hoofstroommedia wat ons soos kritikasters betig as ons nie polities korrek bly nie.

Ons is geleer dat politieke leierskap nie deur beginsels gelei word nie, maar deur pragmatisme, oftewel gedienstigheid.  Met hierdie insig verstaan ons nou die gebeure van die laaste tien jaar van NP-bewind soveel beter.

wingard_johannOns is geleer dat die begrip Afrikaner ‘n kunsmatige sosiale konstruk was en ingespan is om die Afrikaner-establishment se politieke mag te verseker.  Toe hulle die mag verloor het, het die konstruk verval en slegs by klein kerngroepies bittereinders behoue gebly.

Op ons beurt het ons geleer van volkstaatkunde; die haalbaarheid daarvan, asook die mites daaromheen. Vandag is daar in Afrikanergeledere honderde kitsvolkekundiges…

Maar die grootste les wat ons geleer het, is dat dr. Verwoerd se differensiasiepolitiek finaal bewys dat witmense en swartmense verskillende psiges het en baie moeilik  as sosiale gelykes sal kan saambestaan.  Hul korporatiewe psiges is botsend van aard.

Dit is by hierdie les waar ek vir ‘n oomblik wil stilstaan.

Dit is alom bekend dat Westerlinge skeppend van aard is en dat hulle aan die onbeperkte potensiaal van hul eie vermoë glo. Hierdie eienskap het meegehelp dat hulle van die feodale stelsel van driehonderd jaar gelede kon onsnap.  Europeërs het die landbourewolusie meegemaak, gevolg deur verskillende rewolusies soos die nywerheidsrewolusie en inligtingsrewolusie.  Hul lewensbeskouing en ekonomiese welvaart het daardeur ingrypend verander.  Hulle het ervaar dat welvaart en groei uit innovering spruit.  Dat nuwe rykdom deur innovering geskep word.

Afrika was nooit deel van daardie historiese rewolusies nie en sy mense se psige het feodaal gebly. Maar hulle trek vandag voordeel uit die huidige digitale en kommunikasierewolusie.

Afrika se feodale ingesteldheid is presies soos dié van Europa se prerewolusionêre lewensbeskouing.  Dit word bepaaal deur ‘n natuurwet waarvan hulle nie kan ontsnap nie.

Daardie wet is die begrip van beperkte rykdom wat diep in die psige gewortel is.

Beperkte rykdom beteken dat mens jou eie finansiële posisie slegs ten koste van iemand anders s’n kan verbeter.  Die koek word dus gereeld onderverdeel en word nooit groter nie. Diefstal en batestropery verteenwoordig ‘n legitieme oorlewingstrategie wanneer jy die mag besit om jou koekdeel te vergroot.

Dit is hier waar die elfde gebod sy ontstaan het, naamlik, dat jy nie uitgevang mag word nie, want dan moet jy die straf wat onvermydelik volg, kan vat.  Dis nie verkeerd om te steel nie; die misdaad is dat jy nie uitgevang mag word nie.

Dit verklaar waarom endemiese korrupsie regoor Afrika heers en nie maklik gaan verander nie.

Dit verklaar waarom die ANC vir Zuma beskerm en ‘n R246-miljoen bate vir hom geskep het wat wettiglik sy eiendom sal word wanneer hy oor ‘n paar jaar gaan uittree. Belastingvry.

Dit verklaar die beleid van swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie, wat niks met historiese ongelykhede te doen het nie, maar met die herverdeling van die nasionale ekonomiese koek.

Dit is bloot te wyte aan die Afrikapsige wat nooit verder gevorder het as die verbruiksfase nie, en altyd sal teer op medeburgers wat die rykdom skep.

Wit mans mag nie poste in die staatsdiens kry nie.  As entrepreneurs moet hulle die stroperbendes se honger voed.

Dít is wat dr. Verwoerd voorsien het en dit is waarvan die Kodesa-onderhandelaars weggeskram het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Andy

    Naand aan die Redaksie,
    ek het beslis n meer spontane reaksie van die lesers verwag, maar dt blyk hulle is nog sterk besig met ou Maxie.
    Baie dankie en baie geluk met dit wat julle vermag het, sonder n hik of n stoot.
    Dit word opreg waardeer.
    Seëngroete.

    • Karel Combrinck

      Hallo Andy. Dit gaan darem nie oor ou Maxie as sulks nie. Dit gaan oor wesenlike aangeleenthede wat in Maxie se kritiek op Steve Hofmeyr, die sing van Die Stem, Afrikaner selfrespek ens. aangeraak is en in die kommentare daarop aangespreek word. Mens sou Maxie graag wou ignoreer, maar van die sake wat hy opper kan ons nie ignoreer nie. Inderdaad verskaf Maxie aan ons ‘n goue geleentheid om ons saak te stel.

      Terloops Andy, ‘n meer spontane reaksie waarop, of is ek nou dom?

      Jou gelukwensing aan Praag word van harte ondersteun.

  • Koos Bester

    “…(D)dit is waarvan die Kodesa-onderhandelaars weggeskram het.”

    Dit klink vir my so al of u vir nog ‘n kodesa kans sien, u gaan net nie van die Afrikaan se herverdelingsdrif wegskram nie.
    Daarom kort hierdie Les 1 van u in die artikel ‘n Les 2 en dis oor hoe ‘n Witman tog nie sal waag om met ‘n Swartman te onderhandel oor dit wat in elk geval die Witman se eie is nie. Want sien, daar is ook ‘n menigte onoorkomelike lastighede, net soos met die Afrikaan se lewens- en wêreldbeskouing wat eiendomsreg en die eindomlike betref, wanneer dit kom by onderhandleinge en kodesas.
    Ek skryf dit deurdat ek u ken as ‘n Volkstaatraad-man en iemand wat klaarblyklik nog nie u les geleer het nie.

    • Johann Wingard

      Ek is altyd bereid om nog lesse te leer, Koos. As jy net bewus was van hoe Dept Staatkundige ontwikkeling twee jaar se werk ter voorbereiding van die Codesa onderhandeling en wat voorsiening gemaak het vir staatkundige modelle wat onderhandel kon word. Hierdie modelle het voorsiening gemaak vir differensiasie van die bevolkng, maar was alles net so by die venster uitgegooi toe Roelf Meyer oorgeneem het. Hy het as juridiese leek die magsoorgawe bewerkstellig.

      • Koos Bester

        Dankie vir die inleidende stellings tot Les 2, Johan. Daar kort egter veel meer oor die saak. Wanneer u die saak oor die gevare van onderhandelinge en in die besonder hoe dit Afrikanervolk se posisie net kan verswak, verder en breedvoeriger deurdink het en dit as ‘n artikel op Praag plaas, sal ek graag daarna kyk. (Ek het iets anders begin skryf, maar die kwade geeste, die Gremlins!, op die internet bedrywig, is daarmee heen!)

  • Rooikop

    Dankie Johan, hulle is hard besig om diefstal te legitimeer – en hulle is besig om daarin te slaag. Die volgende stap is moord. Dit sien ons ook reeds met moorde wat gepleeg word en verwere dat rassisme teen die moordenaars gepleeg is.
    Die reg in ons land word so uitgerek en verdraai soos daai groen en pienk toffies (fizzers) op ‘n warm dag. Die probleem is egter die verskille in inslag tot reg en geregtigheid van die verskillende kulture. Afrika mag hom/haarself soos afrika gedra en kom niks oor nie. Probeer jy as witte egter om jou soos afrika te gedra word jy vervolg tot in die hoogste graad.

  • Betzie van Rensburg

    Sou mens ook kon sê dat dit deel van swartmense se psige is dat hulle nie uit hul foute leer nie ?
    Lees in n Moneyweb artikel vanoggend hoe blankes opnuut van hul plase moet af . Daar word ook verwys na die onderwysstelsel in Zimbabwe wat ‘ goed ‘ is . Hoe de hoenders sal die sg. goed-geskooldes dan Mugabe se sot-optrede bly duld ? Waar lê die krag van hul beter-as-in-Suid-Afrika-geletterdheid dan ? Iewers val die pad gedurigdeur tussen die hand en mond op die grond .

    • Johann Theron

      Myns insiens is die psige gedeelte waarvan jy praat konsentreerbaar op een punt naamlik die slagoffer sindroom. Hierdie is afkomstig van die kollektiewe kultuur wat weer inspeel in persoonlikheidseienskappe soos “amiability”. Ewolusie het waarskynlik die res gedoen om hierdie (donker) psige te verwewig. My vraag is dus, of hierdie psige herstelbaar is of nie? Indien nie, het die afrikaner ‘n katastrofiese bedreiging. Hierdie waarneming beteken dat ons eerstens meer moet weet van hierdie donker kollektiewe slagoffer sindroom en tweedens hoe om dit te hanteer. Tegnies word die 4 persoonlikheidstipes voorlopig hier bespreek, terwyl die kollektiewe gedeelte (nog) nie ingesluit is nie. http://toxinews.blogspot.com/2012/05/personality-types-dark-side.html

      • Betzie van Rensburg

        Baie dankie vir die skakel . Met die eerste lees is ek al gefassineer en vol waardering vir die vele voorbeelde van die persoonlikheidstipes se manier van optrede . Soveel om oor na te dink .

        Net interessant . Hoor juis vanmiddag van n dosent wat versigtig – positief voel oor die uiteindelike resultaat van swart studente se ‘ komende ‘ sukses aan die betrokke tersiêre instelling . Die haat en agterdog wat jare gelede uit hul oë gevonk het , is glo nou weg .

        Maar soos die ‘ amiable ‘ tipe se donker kant uitwys , is die gawe vrede nie te vertrou nie . Sodra die skroewe iewers stywer gedraai word en die gevoel van verontregting soos n donker krag in sy binneste opstaan , het jy probleme .

        Dis amper asof die skadukant heeltyd op n mespunt balanseer .

        Ja, en as die ‘ pack of wolves ‘ kollektief op die prooi toesak , is dit bloediggek .
        Sou daar ooit n manier wees waarop mens hierdie kollektiewe slagoffer sindroom kan hanteer , behalwe om soos die ‘ driver ‘ beredeneerd en in detail voorkomend-verdedigend te beplan ?

        • Johann Theron

          Daar is eintlik in my opinie nie ‘n manier nie. Maar as mens weer daarna wil kyk, dan sou die rigting wees in een van twee maniere. Die een is die pad wat die verligte afrikaners reeds volg (wat blykbaar nie werk opgroot skaal nie) of die tweede pad wat meer direk is. Dit behels dat ‘n manier gevind moet word – met hulle samewerking – om die spesfieke angsvlakke in die kollektiewe deelnemers aan te spreek.
          Dit is nogal ironies dat hulle in 1994 maatskappye gedwing het om “kultuur kursus” by te woon om “ons vrees” aan te spreek, terwyl dit eintlik hulle vrese was. Maar ‘n plaaslike sielkundige meen dat hierdie soort konsultasies op groter skaal nogal moontlik kon wees. Ons kan dit natuurlik ook “demokratiese bestel opleiding” noem en sertifikate uithandig om werkaansoek te vergemaklik. As dit egter nie plaasvind nie moet mitigerende aksies beplan word, maar dan weet ons heelwat beter waarvoor om te kyk – terwyl die verligtes nou nie regtig meer weet watter kant toe nie.

          • Betzie van Rensburg

            Ek deel eintlik maar jou eerste sin met jou …..eintlik …..nie n manier nie .

            Dit voel my asof ek eerder nou n kultuur kursus moet bywoon om my vrese aan te spreek .

            Word die kollektiewe gedeelte in die toekoms op toxinews bespreek ?

    • Karel Combrinck

      Betzie, dis nie Zimbabwe se onderwysstel wat beter is as Suid-Afrika s’n nie, dis Suid-Afrika se onderwysstelsel wat vrotter is as Zimbabwe s’n! En die ergste van alles is dat hulle dit erken! As hulle instaat was om uit hulle foute te leer en soos intelligente mense te redeneer, sou hulle van die reuse kundigheid waaroor die land beskik, m.a..w die wittes, gebruik gemaak het en sou hulle die beste onderwysstelsel in Afrika gehad het.

      • Betzie van Rensburg

        Hoe wys jy my nou weer om die munt van die ander kant af te bekyk .

  • Krygspraktisyn

    Is dit dan nie haas tyd om as westerlinge terug te keer na die Feodale sisteem toe nie, ten einde staande te bly?

  • william

    Dr Verwoerd was sy tyd ver vooruit . In hierdie tye waarin ons nou lewe sou n leier van sy statuur rigting gegee het aan n volk wat nie weet waarheen nie. Hy was nie n rassis nie maar iemand wat aan alle volke die geleentheid wou gee om tot hulle maksimum te ontwikkel . Die ANC en kommuniste het dit teengestaan en die res is geskiedenis.