Heksejag teen wittes van Wilgehof duur voort

Deel op

Die Menseregtekommissie (MRK) het na ‘n destydes ondersoek na beweerde rassisme by die Laerskool Wilgehof, in sy verslag en bevindings het hy Fanie Roeloffze en Lenard Mac Kay in hul afwesigheid en sonder om hul kant aan te hoor, skuldig bevind.

Die klaer en een van die hoofgetuies in die dissiplinêre verhore van Roeloffze en Mac Kay is die Joodse pa van twee Craig Thiem.

Sy kinders is intussen uit die skool en hy is sedertdien van winkeldiefstal aangekla en moet weer op 31 Oktober in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Die geskorste skoolhoof, Roeloffze is voorts skuldig bevind in ‘n dissiplinêre verhoor nadat ‘n ou landsvlag en foto’s van ape en Julius Malema neffens mekaar in ‘n klaskamer vertoon is.

Roeloffze, wat al sedert 1986 aan die skool verbonde is en sedert 1997 die hoof is, is nou ook skuldig bevind op twee aanklagte dat hy sy werk swak, of onvoldoende, gedoen het deur nie op te tree teen items die gr. 6-klaskamer van sy skool nie.

Hy is in die dissiplinêre verhoor van die Vrystaatse onderwysdepartement onskuldig bevind op ’n aanklag dat hy sy plig versuim het deur nie gereeld klasbesoek te doen nie.

Lenard Mac Kay, die onderwyser in geskiedenis en lewenswetenskap in wie se klaskamer die vlag en foto’s teen ’n muur gehang het, is steeds geskors en wag nog op die uitspraak van sy verhoor.

Die swart heksejag teen Marius Heydenreich en Riëtte Oosthuizen wat ook in daardie tyd geskors is, was minder suksesvol.

Heydenreich het nie ‘n leerling aangerand soos beweer is nie, en sy skorsing is intussen opgehef.

Oosthuizen, ’n beheerraadaanstelling, is sowat twee maande later geskors oor wat sy glo sou gesê het toe twee leerlinge baklei het.

Die aanklag teen haar is laat vaar, maar sy het vroeër vanjaar bedank.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.