Swarte se verweer is dat vermoorde ‘kaffer’ in Afrikaans sê

Deel op

Anne-Marie van Zyl, 32, van Kempton Park se vermeende swart moordenaar het haar doodgesteek omdat sy glo Afrikaans gepraat het met hom.

Sy is voor haar twee dogtertjies met ’n mes doodgesteek. Die swarte beweer ook sy het hom ‘n “kaffer” genoem.

Clement Ramawele, 25, van Mabopane buite Pretoria het voor regter Solly Sithole in die hooggeregshof in Johannesburg in Randburg ook getuig dat die kinders nooit daar was nie.

Die moord het op Saterdag 8 Maart plaasgevind toe hy by sy voormalige werkplek, die inligtingsmaatskappy Trio Data Business Risk Consultants kom kla het dat hulle hom nie ‘n verwysing wil gee nie.

Van Zyl was voorheen die aangeklaagde se bestuurder by Trio Data. Hy het gesê hy het daarna ‘n mes in die kombuis gegryp en haar doodgesteek omdat sy Afrikaans gepraat het en hom ‘n “kaffer” genoem het.

Van Zyl se negejarige dogter het vroeër getuig Ramawele het haar ma by sy aankoms dadelik in haar kantoor aangeval. Hy het haar gewurg en geskop voordat hy haar voor haar en haar vyfjarige sussie 13 keer met ’n mes, wat hy uit sy baadjiesak gehaal het, gesteek het.

Sy het vergeefs op sy rug gespring om hom te laat ophou.

Ramawele het ontken dat hy haar kinders ooit daar gesien het.

Ramawele het ontken dit is sy handskrif wat op ’n briefie met dreigemente en verwyte op die toneel gekry is, hoewel die polisie die briefie forensies met sy handskrif verbind het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.