Brit sterf vermoedelik van ebola in Masedonië

Deel op

‘n Britse man, wat vermoedelik die ebola-virus onder lede gehad het, is in Masedonië oorlede.

Die sewe-en-vyftigjarige het saam met ‘n twee-en-sewentigjarige gereis, maar was klaarblyklik nie in Wes-Afrika nie.

‘n Senior regeringsamptenaar sê die tweede Brit, sy reisgenoot, in Masedonië toon ook simptome van die virus. Die twee mans het in ‘n hotel in die hoofstad, Skopje tuisgegaan.

Die hotelwerknemers en ambulanspersoneel wat met hulle in kontak was, is in afsondering geplaas.

Openbare gesondheidsowerhede in Brittanje sal voortaan saam met doeanebeamptes werk om reisigers wat koors onderlede het uit te sif by grensposte.

Nommer 10 was nie in staat om te sê of die stelsel reisigers van Wes-Afrika wat vlugte na ander stede neem, ook sal teiken nie.

Die skynbare ommekeer kom nadat oorlogsoefeninge vir hierdie naweek beplan word om Brittanje se vermoë te toets om op te tree teen die siekte, het die Departement van Gesondheid aangekondig.

Dokters, die ambulansdiens, plaaslike owerhede en die polisie sal deelneem in ‘n werklike tydsimulasie van ‘n ebola-uitbreking in twee of meer hospitale in die noorde en die suide van die land.

Intussen het die gesondheid van ‘n Spaanse verpleegster, wat ook die virus vermoedelik buite Wes-Afrika opgedoen het, verder versleg.

In Madrid is sewe mense in afsondering geplaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.