‘Hani-moord om wapenomkopery toe te smeer’

Deel op

Terry Crawford-Browne het Woensdag beweer dat die moord op Chris Hani in 1993 verband hou met die korrupte wapenstransaksie.

Hani wou glo die betrokkenheid van Joe Modise bloot lê. Modise sou later minister van verdediging word.

Hoewel Hani vermoor is voordat Modise die minister van verdediging geword het, en ses jaar voor die kontrakte vir die verskaffing van militêre toerusting onderteken is, sê Crawford-Browne hy glo die moord was gekoppel aan die wapentransaksie.

As getuie voor die wapenaankopekommissie in Pretoria, het Crawford-Browne gesê daar is bewerings dat Janusz Walus, wat Hani vermoor het, in diens was van die Britse wapenmaatskappy BAE Systems.

“In daardie scenario, was die betrokkenheid van Clive Derby-Lewis bloot misleiding om die wit regses te blameer, en so die aandag van die Britse wapenbedryf af te lei,” het Crawford-Browne gesê.

Die tweede adjunk-sekretaris van die SAKP, Solly Mapaila, het gister gesê dat hoewel die party Crawford-Browne se getuienis met agterdog bejeën, hoop hulle om meer uit te vind oor Hani se dood deur met hom te gesels.

“Hoekom het hy stilgebly met sulke inligting, terwyl ons gevra het vir ‘n ondersoek na Chris Hani se dood? … Ons sal hom vra of hy bewyse het want ons kan dit nie net [summier] ignoreer nie,” het Mapaila gesê.

Crawford-Browne het ook intussen beweer dat Winnie Madikizela-Mandela vertroulike wapentransaksie dokumente uitgelek het. Die ANC het die bewerings ontken.

Gister het hy gesê dit is bekend dat daar ‘n aansienlike vyandigheid tussen Modise en Hani was wat dateer uit hul tyd in ballingskap.

Crawford-Browne het gesê hy is vertel deur Bheki Jacobs, ‘n belangrike bron van inligting oor die beweerde korrupsie in die wapentransaksie, dat Modise vergiftig is, en dat die gesamentlike ondersoekspan se verslag oor korrupsie in die wapentransaksie gedokter is voor Modise se dood.

Jacobs het gesê Modise se dood sou lyk na kanker. Jacobs is self aan kanker oorlede in 2008.

In sy kruisondervraging, het Jaap Cilliers SC wat vir Fana Hlongwane verskyn en Crawford-Browne uitgedaag om te bewys dat die Britse regering lank reeds aandadig is aan omkopery deur BAE Systems.

Verskeie bronne beweer dat die sakeman Hlongwane miljarde betaal is aan kommissies wat verband hou met die wapenaankope, kommissies wat hy steeds namens sekere hoë amptenare en politici bestuur om hulle die verleentheid te spaar.

Crawford-Browne beweer die Britse sekretaris vir handel en nywerheid Patricia Hewitt het, in Junie 2003, erken dat BAE Systems omkoopgeld betaal het om kontrakte in Suid-Afrika te verseker.

Hy het gesê bewyse het getoon dat Barclays Bank van Engeland die verkryging van die BAE Hawk en die BAE/Saab Gripen-vegvliegtuie gefinansier het. Commmerzbank Duitsland het die aankope van die vier fregatte en drie duikbote gefinansier. Die vliegtuie sou in 2012 afbetaal word, maar is verleng tot 2021.

Crawford-Browne het die bewerings van vergiftiging na die adjunk-kommissaris van die polisie in die Wes-Kaap geneem, “maar geen optrede het gevolg nie,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.