Spookorganisasies eis dat Wouter Basson geskrap word

Deel op

“Nie-regeringsorganisasies” het gevra dat die Wêreld Mediese Vereniging aanbeveel dat die kardioloog Wouter Basson van Suid-Afrika se mediese register geskrap word, het RSG berig.

Die Vereniging hou sy algemene jaarvergadering in Durban.

Die organisasies, Section 27 en die People Health Movement (PHM) sê die president van SAMA, Ames Dhai het ingestem tot hul versoek om Basson se deelname aan chemiese en biologiese oorlogvoering by die kongres ter tafel te lê.

Section 27 is ‘n buitelandse spook-NRO wat oningeligte swartes betaal om by betogings oor die verswarting van skole op te daag. Die heeltemal onbekende PHM is waarskynlik ‘n soortgelyke spookorganisasie.

Hulle sê dit is belangrik dat die kongres kennis moet neem van die “erns” van die saak, het die radiostasie berig.

Dié onderduimsheid om van spookstemme gebruik te maak, staan bekend as “astroturfing” in Engels. RSG het dus gesorg dat die twee spookorganisasies lugtyd gegun word as regmatige partye in die saak.

Die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika het Basson in Desember verlede jaar skuldig bevind aan onprofessionele gedrag. ‘n Verhoor voordat straf opgelê word vind aan die einde van November plaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.