Swart SA jeugaktivis in Marokko aangehou

Deel op

Die Departement van Internasionale Betrekkinge sê die Suid-Afrikaanse jeugaktivis en skrywer, Malaika Mahlatsi, wat na bewering in Marokko in hegtenis geneem is, is net vir ‘n “kort rukkie” op die lughawe in Cassablanca aangehou.

Mahlatsi het onlangs die Marokkaanse regering gekritiseer weens hul houding teenoor die onafhanklikheidstrewe van die Wes-Sahara.

Die departement beweer sy en ander het sonder visums in die land aangekom.

Mahlatsi se ma het egter gesê dat die visa-kwessie nie sin maak nie, want haar dogter reis as ‘n lid van die AU wat haar reisagenda bepaal. Marokko is nie deel van die AU nie.

“Malaika is baie versigtig oor die beeld wat sy uitstraal. Dit is nie moontlik nie. Sy is altyd op reis. Die AU reël altyd hulle reise,” het haar ma gesê.

Mahlatsi is verbied om oproepe te maak en die departement het glo eers 24 uur later van die inhegtenisname verneem.

Haar moeder het gesê sommige amptenare by die departement het haar ingelig dat hulle die saak probeer oplos en dat hulle met die minister vergader het.

‘n Woordvoerder van die Departement, Clayson Monyela, sê hulle het probeer om met Mahlatsi se familie in aanraking te kom.

Monyela het gesê volgens die Suid-Afrikaanse sending in Marokko is sy nie in hegtenis geneem nie.

Sy en haar geselskap het sonder visums uit die Verenigde Arabiese Emirate in die land aangekom en gesê hulle is in die land om ‘n konferensie by te woon.

Die Marokkaanse owerhede het hulle toe op die lughawe aangehou terwyl hulle met die organiseerders van die konferensie in verbinding was om vas te stel of hulle wel gaste by die konferensie is.

Intussen het die ANC-jeugliga ‘n beroep op die Marokkaanse regering gedoen om haar vry te laat.

“Die ANC-jeugliga hoop dat die regering van Marokko nie Malaika vir haar siening aanhou nie. Ons kan geen ander geloofwaardige of regverdigbare rede vir die onregverdige optrede vind nie.”

Die liga het gesê Mahlatsi is bekend as ‘n uitgesproke jong persoon wat onlangs haar mening uitgespreek oor die Marokkaanse regering en die onafhanklikheid van die mense van die Wes-Sahara.

“Ons het ook ‘n beroep op ons regering gedoen om haar onmiddellike vrylating te eis.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.