Geskoolde personeel sal glo munisipaliteite regruk

Deel op

Die regering beplan om hoogs geskoolde personeel in gebiede ontplooi waar die bestuursvermoë in sukkelende plaaslike munisipaliteite ontbreek.

President Jacob Zuma het die Presidensiële Koördinerende Komitee vroeër gelei.

Dié komitee het die Uniegebou in Pretoria vergader om senior regeringsamptenare, premiers en die vereniging van plaaslike regerings, of SALGA byeen te bring.

Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Pravin Gordhan, het die media na die vergadering ingelig.

Die Ouditeur-Generaal, Kimi Makwetu het reeds in September aangekondig dat ongemagtigde en verkwistende uitgawes in baie munisipaliteite buitensporig is.

Die ontplooiing van geskoolde personeel is daarop gemik om dienslewering te verbeter en ‘n einde aan ongemagtigde uitgawes te bring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.